Heil-dronk op uurglas se tyd
sabel-sabrage bruis Bacchus-borrels
my wyn Dom Pérignon-vonkel
glorie in kristal se glans
heildronk klink glas met gas
ek vier die volheid
van nóú in drink
en skink goud
skitter
“plonk”
?
dronk
nugter
geen behoud
as ek verdrink
en toekomsleegheid
kolk in vogvriend wat was
die kelkie lieg omdraaikans
maar sober werklikheid strompel
en vlieg deur die nek in tydkorrels
Etna Wepener ©️
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Briljant!