on(verwags)
– toe jy daar was was daar lewe energie die Lig wat min herken het eers toe die Lig duisternis word toe dit te laat was en net verwyt oorbly het hulle die Lig erken en begin ween – so is ek gebore ‘n kleine dorpeling uit die skoot van eenvoud het Hy my laat […]
Voornag se soel (silwer)
Toe die rooiwarm son oor Pellaberg trek kaleidoskopies mooi die vroegaand-uur met pastel spookasemkleure versier verskroeide hartsplek skemergoud bedek het ek verwonderd op my duin gesit oop-oog oor verfkwasgenade gebid ©️Elize Kruger 17 September 2022
Die lewe snel verby
gejaag na wind in warrels van bestaan gesluk aan stof en sand se skuurpapier wat wraak in wrywing van die nóú en híér om voort te snel in kolk van tydsvergaan tap tyd se tik in druppels sweet en bloed want lewenswandel wikkel teen ligspoed Etna Wepener ©️
Dagboek
tyd se pen griffel dagboekverhale hoofstukke in bloednotules geïnk kernwoorde as dagdruppels uitgedink papierlyne gevul met mylpale wie is werklik die een wat ink laat vloei in unieke verhaal wat daagliks groei? Etna Wepener©️
Stille oseaan
Waarheen vlug jy? Na ‘n sprokiesland vêr van hier, in jou eie wentelbaan ‘n plek waar jy net in jou diepste drome heen kan gaan Waarna soek jy? Weg van die gedruis van verwar wat jy hoor Waar daar niks is om te verloor
Tweestryd
vryheid in gebondenheid as jou rugbeeld al kleiner word op die paadjie na jou nuwe lewe huil-juig my onafhanklike afhanklikheid duet in solostem gesing jy was siende-blind aan my gebind maar die vashouknoop het losgedraai en die klippe gooi het ver uitgekring liefde in getraande haat as ek my vashou-uithou knip ek laat jou gaan […]
Pretbederwer
die bitter drup d r u p op my geluk soutsuur v r e e t my staal angs het kloue ingeslaan in vreugdevolle vooruitsigte twyfelgedagtes het my blydskap (tydelik) kom haal Etna Wepener ©️
Wat is die kans?
Dit is gek om te glo dat die vlees die onafwendbare sal oorheers metdat die gees totaal ontkennend (in ‘n verslawingswaan) veglustig baklei téén die minimale moontlikheid en hoë onwaarskynlikheid dat hy by volle magte is om ‘n selfopgelegde doodstraf met kortsig te durf betwis. © Loretta Szikra