Oorlewing
Oorlewing Kruipende koue teen my rug hitte-loos alleen murglose binne gevries, ruggraatlose skelm skimme. Gedroogde ys murgbene flenters gestampte skene slenterstukkies speel met hartpsige konflik. Geraamtes wyd gesaai, innerlike boei Houdini van haat se werklikheid denke en psige se vryheid. Siellose maatbeker, vol verraad, vernietig soos ‘n vis se luglose asemsnak vlugtend op damwal. ©️ […]
Vier seisoene winter
In die ryptrap van ‘n winterlandskap het ek blindelings weggeloop uit die vries-skroei van jou siel se koue vuur in hierdie helle-uur het ek gehoop om die verkluimde hart wat sterf in my met die warm van die trane oor my wange vry te koop ©️Elize Kruger 8 Junie 2022
APRIL 2022 – EN TOE… PROJEK – Kommentaar en uitslae
Beste INKers Hierdie maand het ek begin gebruik maak van nuwe sagteware ware spraak na teks oorsit wat in ontwikkeling is. Daar mag dalk klein spelfoute, geen punktuasie en soortgelyke foute in die kommentaar opduik. Ek vra julle geduld met hierdie proses. Soos die ontwikkeling verprefek word sal sulke foute minder en minder wees in […]
Lewe Getye
water getye woed na ń breek punt op harde rots in ń wit spoegende was buig en bars stamp staal rue uit op maatskappy rostrums ingebind as verroeste draad getye spoel as briesende energie versmelt dan eenvoudig stol en sak weg