Reën
oor die blou gesig
van moeder aarde
lê wit dons komberse,
messteek strale
gee alles pakslae
uit ń pikswart fondasie
op my huis val
sagte reën op ń harde dak
dié vaal sag komberse,
is goed vir slaap
musiek maak
rustig raak
een is swart
woes oor my kop
die ander is wit
warm om my kop
en altwee is
uit dieselfde hand
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.