Jong liefde.
Jong liefde. Dit is vreemd stil in Roboto, die fabriek waar Lien Meiring werksaam is. Sy is al vir die afgelope paar jare in diens van die klein vervaardigingsmaatskappy wat hulle toespits op die vervaardiging van robotte. Sy is deel van die span wat deur kundigheid en navorsing verantwoordelik is vir die ‘geboorte” van robotte […]
Die heel beste van alles
Brons afdeling- Juanri Jansen van Rensburg Wat is die mooiste prentjie in die wêreld as dit kom by die liefde? Is dit daai paartjie wat skelm-skelm handjies vashou neffens die Eiffel Tower en die beste roomys van Parys kan eet terwyl hulle in mekaar se oë verdrink? Of dalk daardie aangrypende oomblik wanneer ‘n […]
Tegnologie: Kunsmatige Intelligensie.
Tegnologie: Kunsmatige Intelligensie. Wat is kunsmatige intelligensie? Kunsmatige intelligensie (KI) verwys na ‘n afdeling in informasietegnologie wat ontwerp is om ‘n masjien of rekenaar die vermoë te gee om ‘n tipe van intelligensie uit te voer wat normaalweg met mense geassosieer word: soos bv. • leer, • redeneer, • probleemoplossing. Kunsmatige intelligensie maak gebruik van […]
Mensnuut (goud)
As ek lig kon loop soos jy sou ek weet hoe om te trap hoe om elke spoor plekvol te maak ek sou weet dat gister Suid lê vandag Noord en dat Oos en Wes ook net weet waar om te gaan. Ek sou saggies en versigtig struikel tussen sekondes en minute selfs ure sou […]
Swyg (goud)
Dit het niks met digters te doen nie ook nie met skrywers se sondes nie dit het nie vandag gebeur nie want gister het ook te gou gekom hier waar ons in ons donker gange rond tas na iets om aan vas te hou het woorde in die buiteklanke van ons binnekamers dood gebloei. © […]
Vrystaatse Donderstorm
Vrystaatse donderstorm dreun oor vlaktes heen dit rommel en raas dit brom en blaas, as skitterblink weerligstrale ‘n woeste riel dans en wolkmassa emmersvol reën op die aarde gooi.
Ma Marthie
Stof is die mens tot stof sal hy terugkeer, die mens gaan tot niet as hy sy laaste asem uitblaas. Vandag kom ons finaal groet as ons netnou see toe gaan en dit wat oor is van ma in die see te ruste lê. Tog is dit met absolute sekerheid wat ons in ons harte […]
huppel en druppel
al huppelend beweeg ons teen die strand nie so vrolik soos sewentig jaar gelede nie allermins gestoord oor wie sê wat daaroor nie meer sulke lang treë met elke huppel nie maar met nog dieselfde vrolike verwagting so beweeg sy en ek met brakkenjan daarby oor die harde, stywe deel van die see sand […]
As die Skedelkus kon praat (Goud)
Op ‘n genadelose geraamtestrand waar die Atlanties met dooigety dramaties oor niemandsland druis verstil beenwit geheime (misterieus) in vergrysde koue sand terwyl die seewind sý aandeel daarin in die nanag se stiltes onthul met opbruisende verwyte wat herwaarts en derwaats oor die koperduine suis. @ Loretta Szikra