Jongste aktiwiteit:

Jong liefde.

Jong liefde.

Dit is vreemd stil in Roboto, die fabriek waar Lien Meiring werksaam is. Sy is al vir die afgelope paar jare in diens van die klein vervaardigingsmaatskappy wat hulle toespits op die vervaardiging van robotte. Sy is deel van die span wat deur kundigheid en navorsing verantwoordelik is vir die ‘geboorte” van robotte wat ontwerp word om vir mense vreugde te bring.

“Krrrr,” kraak die gelamineerde vloer onder haar voete as sy die vertrek binnestap.
Lien skrik van ʼn sagte “Skkkkiiiek” geluid agter haar. Wat was dit? Sy knip-knip haar oë as sy omswaai om in die rigting van die geluid te kyk. Dit wás iets! Sy kyk na die monteertafel waar “R.I.A.N.” sit. “M.A.R.I.” sit langs hom en vir ʼn oomblik verbeel Lien haar dat die twee na mekaar kyk en glimlag!

Die twee modelle is gebou as gevorderde robotte wat menslike emosies en interaksie kan naboots. Dr. Lee, die wetenskaplike wat hulle geskep het ure aan hulle spandeer.

Nee, nou is ek besig om die kluts kwyt te raak!

R.I.A.N. sit M.A.R.I. sit styf langs mekaar en as Lien omdraai en wegstap, flikker hulle oë.

“Sy weet beslis nie wat aangaan nie,” fluister R.I.A.N. in M.A.R.I. se bioniese oor.
R.I.A.N. is ongelooflik slim en self ook baie kreatief. Hy het baie vinnig geleer toe hy geprogrammeer is, maar die uitsonderlikste van alles: hy het gevoelens begin ontwikkel. Vir ʼn robot is dit die mees onwaarskynlikste ding om te gebeur, maar R.I.A.N. het ontdek dat hy iets begin ervaar het wat hy nog nooit voorheen gevoel het nie.

Die hele spesiale gevoel het begin met ʼn klein vonkie van belangstelling as hy na M.A.R.I. gekyk het. Alhoewel hulle al twee in dieselfde plek, Roboto ontwerp en gemaak is, was sy heel anders as die ander robotte – sy het vir hom sensitiwiteit openbaar en dit het hom vreemd aangetrokke tot haar laat voel. As Lien en die span wetenskaplikes saans huis toe gegaan het, het hulle begin gesels oor alles en nog wat.

Wie sou nooit ooit kon raai dat die twee in laatnag geselssies hulle “harte” teenoor mekaar kon oopmaak?

Lien skakel die ligte aan en begin met haar roetine take in haar werk. Sy sug, “Hmmmm.” Hoekom moet ek nou op die openbare vakansiedag werk? Dit is langnaweek en almal is iewers heen, dit is net ek wat die fort hier moet hou!
Lien blaai rond tussen die hopie papiere voor haar.

Skielik stop sy en spits haar ore. Sy hoor weer iets, was dit buitekant of hier binne … Dit is seker my verbeelding! Sy dink skielik aan stories wat sy gelees het. Dit is seker net my verbeelding. Sy draai haar kop half skeef en sien vir R.I.A.N. en M.A.R.I. wat nou nader aan mekaar sit as netnou.

NEE! Nou is ek besig om die kluts kwyt te raak. Sy lag half senuweeagtig, sag.

“Prrr, pieng pieng pieng” begin R.I.A.N. se liggies flikker. Hy draai sy robot-kop na M.A.R.I. toe en haar gesig se groen liggies flikker helder as sy na hom draai.

“Wat op aarde?” fluister Lien vir hulle.

“Jjjj-jj-ullle gesels met mekaar?” stotter sy die woorde.

“Klingggg…” versplinter Lien se koffiebeker tussen haar voete.

NEE!!! Dit kan nie wees nie, R.I.A.N. en M.A.R.I. is twee robotte – hulle kan nie gevoelens vir mekaar hê nie. Lien knip-knip haar oë, vryf met die rugkant van haar hand oor haar gesig. Dit is werklik besig om voor my oë af te speel!

“Moenie so verbaas lyk nie, Lien”, praat R.I.A.N. met my.

“Jy – jy kan praat?”

“Ja! Natuurlik, julle het my dan ontwerp om soos die mens te wees!” antwoord hy haar met sy meganiese stem.

“Ek en M.A.R.I. het vir baie lank al ʼn verhouding. Dit probleem is dat Dr. Lee nie mag weet nie. As hy hiervan te hore kom sal hy ons demonteer en dan is daar van ons niks oor nie!”

“Asseblief Lien, dit is net soos R.I.A.N. daar sê, sal jy ons geheim bewaar?”

Lien glimlag nou misterieus.

“Julle geheim is veilig by my!”

Lien besluit om, soos die res van die personeel die dag af te vat en te gaan ontspan. As sy die ligte afskakel en die deure agter haar sluit, koer die twee verliefdes met hulle koppe styf teen mekaar.

©Marlene Erasmus
(710 woorde)




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed