
ʼn generasie-fout (SILWER)
ʼn generasie-fout
die slim mense sê robotte is net masjiene
met sekere mensagtige eienskappe soos
oordeel, redeneer en leer vir hul ingebou
meeste word doof, stom en stil geskep
… hulle het hulle misgis met ons generasie
eers is ons geprogrammeer hoe om
voorwerpe te gryp en met presisie
herhalende handeling te kan hanteer
met die byl bewend, blinkend kap ek
kap-en-kap en voel nie pyn – ons is mos
so genadeloos geprogrammeer of nie?
drade, elektrodes, knoppies en ligte
flikker om ons waar jy in glaskas staan
hoe kry ek jou daar uit, my liefste Xenia?
jy – die proefkonyn in die slimmes se
goed gekalkuleerde gekose gruwelplan
meeste word doof, stom en stil geskep
het nie rekening gehou met ons kunsmatige
intelligensie ineengeskakel geïntegreer
in ons wese – boos, barbaars en bruut!
©Marlene Erasmus
29/03/2023
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Maart 2023 OOP projek