My besonderse Mei.
My besonderse Mei. Ek is seker dat elkeen van ons ʼn gunstelingmaand in die jaar het. Elkeen vir sy eie besondere rede. My gunsteling is beslis Mei. Met Meimaand se koms breek herfs aan. Die dae raak korter en weer koeler na die warm somerdae. Die bladwisselende bome verruil hul groen jasse en tooi hulself […]
Maart 2023 – OOP projek: Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 12 lede! Wenners Gedigte GOUD: 1ste -No. 32 Andries Fourie met As sonette begin sing en dans 2de – No. 26 Caren Kearley met Swyg 3de – No. 23 Loretta Szikra met As die skeelkus kon praat SILWER: 1ste – No. 11 Zebulon Kochk m
my lewenstreë
‘n Pantoen my lewenstreë met my gesig gedraai na die sagte fluisterstem van die wind loop my gedagtes terug op die onthou-spore van herinneringe na my grootwordjare as kind waar ek so maklik vreugde sou vind met oë wat blink, kon ek ervarings inryg soos pêrels in lang stringe loop my gedagtes terug op die […]
Skokkende feite i.v.m. moord op Suzie Horn onthul.
Skokkende feite i.v.m. moord op Suzie Horn onthul. Die 66-jarige man van die geliefde skrywer Suzie Horn (56) het vandag in die Pretoriase hof verskyn nadat hy verlede Vrydag, na ʼn lang polisie-ondersoek, in hegtenis geneem is weens ʼn aanklag van moord. Suzie Horn, bekende skrywer en sosiale vlinder, is op 01 Oktober koelbloedig geskiet […]
Die gastehuis.
Die gastehuis. Ek ruk wakker met ʼn skok! My oë is groot oopgesper, vervaard vlieg ek regop op my bed. ʼn Koue klam atmosfeer hang in die donker kamer. Daar is dit weer! Ouma se bekende skuifelstap met ʼn sagte “klik” geluid van haar houtbeen wat oor die plankvloer sleep. Die “sllll-tik, sllll-tik, sllll-tik”-geskuifel raak […]
werk is werk
werk is werk van jongs af aan dink jy, droom jy as ek eendag groot is … met sterre in jou oë word jy die volgende hartspesialis of sjirurg of jy word ʼn brandweerman of kleuterskoolonderwyser “ek gaan boer” kom jou stemmetjie vas en seker … skugter eenkant sit jy met jou groot sjokoladebruin oë […]
Mei 2023 – OOP projek
Beste INKers Die kersmaaltyd het nog nie eens behoorlik gesak nie en reeds word ons met die mooie Mei maand gekonfronteer. Een of ander Afrikaanse sanger sê nié verniet nie: “Stop die wêreld ek wil afklim”. Gelukkig is dit weer tyd vir ‘n ope projek waar reëls en regulasies uitgesmyt word soos laaste week se […]