NAGSPOKE
Aan die binnekant van jou droom is daar ‘n mens een met ‘n wens elke nag sweef sy rond tussen jou arms, jou mond en die slaapstiltes in die holte van jou siel kwart voor vyf soggens luister sy hoe jou dag breek sy wag gelate tot wilde voëls jou buiteklanke in bring jou […]
Heerser Wense
jou wense verbloem gebomde verminkte rooi bloed grond jy vervloek alles in kraam geweld om jouself te red jou wense sal terugspoel om jou eie drome uit te bloei
Woonstelle
Altyd beter om hoogste te wees al is laer reeds baie hoog mure en vensters dieselfde die ego van die boonste is al verskil lego mannetjies beweeg steriel en vul die leegtes
Diep skuil die Verlange
klein en fyn in haar wese porselein diep gebreke skuil daar ń verlange vir ewig is hul begrawe in denke wat worstel in die stryd diep in twee blou oë lê die verlange so ver weg gebêre maar wanneer dit die hartsnare raak kom lê die trane vlak op die ooglede haar houding weerspieël die […]
huis en haard
huis-en-haard was altyd eerste vandag vergete politieke geweld kom nou eerste tagtig wit gedood in net soveel dae saamgetrek het ons in ons veilige laers vandag weet min wat ‘n laer beteken val oor hul eie bates om uit land te vlug oproepe raak vaag mense ry steeds op welvaartsgolf wil nie hoor […]
Haikoe (brokkel-ys – Goud)
Haikoe (brokkel-ys – Goud) brokkel-ys verdwyn in ‘n wintervaal rotskloof wat ‘n bergstroom baar Neologismes: brokkel-ys = ys wat verbrokkel wintervaal = winter + vaal ©Loretta Szikra
Haikoe (brandsiektjank – Goud)
‘n brandsiektjank skeur deur ‘n aalmoesryk krotbuurt waar koue floreer Neologismes: aalmoesryk = ryk aan armoede brandsiektjank = brandsiekhond + tjank