Winterwoud (Goud – Junie projek Haiko)
rimpel wit satyn huilende wolf klapklanke skeur deur murg en been Amanda dM neologisme – (klapklanke – eggo’s)
Breinbesit: Feit of foefie
589 woorde S-k-r-y-w-e-r-s-b-l-o-k. Dus is ek nie dom of abnormaal nie! Klaarblyklik beleef alle skrywers dit! Ek voel skoon eksentriek en mallerig tesaam. Lekker! Of dié gevreesde blokkige naam of ‘breinbesit,’ soos ek dit noem, ‘n feit of ‘n foefie is… wel, dit is die groot vraag. Maar, as dit beteken om soos ‘n omgedopte […]
HAIKOE
wind en ys word een vasgevang in mensebeen wintersryp-versteend Neologisme : wintsersryp-versteend (toestand van menslike liggaam in winter)
Die Epiek van ‘n tuin
Die epiek van ’n Tuin geanaliseer Sy Skeppingswerke het God gelandskapeer Sy tuin in Eden het God ekologiese waarde gepoësie uit die vog van die aarde het God gerympatoon binne Sy almag het God die estetiese genre van Sy tuin tot berge kranse, heuwels, vlaktes, kabbelende riviere, bruisende watervalle, valleie, vleilande, reënwoude … gevleueldes […]
HAIKOE (2):- VIR JUNIE 2023 WINTER-PROJEK. (STRERGRADERING = BRONS)
duinegras verbleek traanrou in die wind se klou soutloop my wange ——-ooo000ooo——- (© Pieter Mostert)
HAIKOE (1):- VIR JUNIE 2023 WINTER-PROJEK. (STERGRADERING = BRONS)
grasangelier wuif winteroë traanryp mis sluier voor die son ——-ooo000ooo——- (© Pieter Mostert)
Sending: Bettie Verwey
Sending: Bettie Verwey geskryf deur Dale Penderis © Bond … James Bond. Nee, nie regtig nie, maar min of meer. Sy naam is Migael. Hy is die oorspronklike Agent 007. Hy deurkruis die aarde en veg dag en nag magte wat ons nie met die blote oog kan sien nie. Soos nou … Sy sending […]
ʼn Minnelied
ʼn Minnelied geskryf deur Dale Penderis © Elke siel vertel ʼn storie Van swaarkry of van glorie Van te veel of van te min Net nooit genoeg nie Elke plooi is ʼn verhaal Van seerkry of sukses behaal Die spore van die lewe Soos ink oor ons geskryf Elke bitter het ʼn oorsprong ʼn fontein […]
Spring clean
Spring clean geskryf deur Dale Penderis © Stil in die nanag lê ek en kou aan brokkies en stukkies uit gister se onthou die wat as en sê nou net en het ek maar geweet nodeloos die probeer van my aangesig se gesweet Gooi oop die ruite, maak vas jou gedagtegang dis die wat as […]
My Visiebord
My Visiebord geskryf deur Dale Penderis © Die nagwaak kom tot ‘n einde; die son loop vooruit in ‘n groet. Die winde van verandering; gewaarborg om my te ontmoet. Verandering is ‘n feit ~ dis wat seisoene ons leer Tyd is nooit blywend; ‘n lopende meganisme; ons kan dit nie keer. Hoop en geloof vou […]