Jy (Goud)
Jy … ís my lafenis. ©Loretta Szikra
Niks rym met liefde nie (Goud)
as iets maar net met liefde sou rym het ek vir jou ‘n minnelied geskryf ©Loretta Szikra
Oktober 2023 – KORT projek
Beste INKers Met die aanbreek van Oktober betree ons die laaste kwartaal van nog ‘n jaar. 2023 lê amper reeds op sy rug en nou verg dit ons finale asem om dit deur te sien. Dit is darem ook, vir ons hier in die Suide, die begin van die sonseisoen en die aanloop tot ‘n […]
Selfgesprek van ʼn oordinker
ʼn verkeersknoop van ambivalente gedagtes frekwent my neuronpaaie ʼn cornucopia eutopia of utopia? my visage portretpraat in geoefende neutraliteit en versteek die chaos van my werklikheid ʼn poespas van breinaktiwiteit antwoorde sonder vrae slim woorde op die perron agtergelaat in geslote tas die trein van my ideale oratoriese redenasies verpas my denke fratsflits maar my […]
‘n limeriek (SILWER)
‘n speler wat woon in die Kaap wil rugby speel selfs in sy slaap hy skop en hy drop hy spring toe regop en lag soos ‘n regte wolskaap ©MarleneErasmus 30/09/2023
Oupa Koos en Ouma Lettie se rugby-avontuur.
Oupa Koos en Ouma Lettie se rugby-avontuur. As daar nou getroue rugby-ondersteuners is, is dit Oupa Koos en Ouma Lettie. Die twee het alles van die reëls geweet en het nie ‘n wedstryd van die Bokke gemis nie. Hulle kleinkinders het besluit om hulle ‘n geskenk te gee vir hulle huweliksherdenking. Maar die grootste verrassing […]
Die groot koors.
Die groot koors. Dit is weer daardie tyd: Wêreldbeker Rugby-tyd. Die Rugby Wêreldbeker toernooi is nie sommer net nog ‘n toernooi nie, dit is beslis een van die mees opwindende toernooie in die wêreld. Lande en nasies word saamgesnoer in hierdie fees van sportmanskap en gesonde kompetisie. Nasionale trots en samehorigheid kan orals waargeneem word. […]
Diamantgedig (SILWER)
(Kontrasterende standpunte ten opsigte van emosies) emosies besorgd gelukkig bemin beskerm aanbid soekend verlangend smagtend voelend koester ervaar bewonder ewige passievolle liefde *** emosies onrustig prikkelbaar verwerp verraai verlaat gedroom gesmeek gehuil gehoop verlang huil treur verlate alleen odium ©MarleneErasmus 30/09/2023 Voetnota: *odium – haat
kort en kragtig (Goud)
die beeldskone lyne van die minimalistiese vers: kort, kragtig, on-nagevors val soms vaartbelyn en asof vanself in plek en les telkens die leser se ewige poëtiese dors