Donkerste uur
in jou donkerste uur wanneer jy mistroostig na my kyk sal ek jou dra deur jou winters kom vat net my hand dan sal jy staande bly ©️Emsa Haasbroek
bittersoet
selfs Aristoteles se keel sou vertrek het sou hy hierdie bitter-suur-umami moes proe die smaakknoppies op my tong reageer skerp en my keel trek saam, so asof dit my waarsku dat wat ek nou proe dalk skadelik kan wees die eenvoudige pikantheid van die smaak laat my liggaam byna sidder van suur so suig ek […]
INK Skryf in Afrikaans GALA aand 11 November 2023
Hiermee word elke INK lid hartlik uitgenooi om ons gala geleentheid op 11 November 2023 te Batter Boys Montana Pretoria by te woon. Stuur dringend jou naam asook jou gaste se name na anzebez@gmail.com vir besprekings aangesien daar baie min plekke nog beskikbaar is. Koste beloop R350 pp wat n heerlike ete en ook ‘n […]
Reënboogtrappertjie
Klasie, die reënboogtrappertjie, sit op ‘n blinkblaar-wag-‘n-bietjie tak. Hy skuif sy lyfie sodat die blare hom amper toe maak. Hy wag en wag. Hy is sommer baie honger. Hy hoop dat ‘n by of ‘n vliegie of een of ander vet gogga hier naby hom sal kom sit sodat hy dit kan vang. Die gewag […]
Hartseer
In die lug dryf ‘n lied, Van hart breek verdriet, Dis iemand wat treur, Oor ‘n alleen hart se seer.
treurwilger Goud
wilgertakke treur oor my verlang amanda dm
Verlange Goud
my verlange kleingolf in die rippelbreek van die meer amanda dm
Haar naam is Oktober
Sy kom een oggend skielik by my aan. Haar aanraking is soos die wind, haar oë is soos die maan, In haar hare is jakarandas, in haar stem is die reën. Maar veels te gou draai sy om en gaan sy van my heen. Nou moet ek maar hier, met trane vir haar wag, Want […]
Verdriet
Alleen sit sy nou In die knaende kou, En treur oor dinge wat sy wou. ©RholienNel2023