Bipolêr
Tussen die metronoom se pendulum en ‘n ou Grandpa clock loop die tyd in twee rigtings een militêr presies die ander týdsaam, finaal, uit daar waar die uurglas se dans met die pendulum vinnig twist tussen rock ‘n roll fyn sand in die ratwerk gooi tyd het sy eie einde, mý tyd wanneer dit finaal […]
Ek glo
Ek glo. Heer, hierdie voorhangsel oor my Gaan dit nie oopmaak of skeer My siel uitgelewer in smart, onbevry Weét ek dat my liggaam dit verteer Vir jare het ek U gesmeek en soek Dwalend gereis na wrede wêrelde vol smart Staan ek nou voor U ongesoomde doek God, skeer hierdie hangsel van swart Weg […]
Liefdesgebed
Kom kniel voor my maak jou oë toe vou jou hande oor my kniekoppe en bid vir my want ek het jou lief kom en bid vir my breek my oop met woorde wat ék alleen wil hoor en lag met my want ín my lewe ek klein
Die dier (Met apologie aan Van Wyk Louw)
Raka is liefde my vriend en sou ons saam sterf vanaand van wellus moeg en uitgediend sal die laaste rimpel van sy lag oor die wêreld hom ontplooi en vroeg-môre as ons stil nog ewig lê – stadig stukkend sug krap hy die laaste krummels pap uit die leë omringde bakke van ons arms tot […]
Temalied –Coïtus Interuptus
(Schindler’s list Dr Zhivago Katriena The Sound of Music Titanic) (Nader my God aan U steeds nader by) (Viool, cello, trompet, harp, sieter) het jy al óóit na die opera van my siel geluister ewig roepend, beskrywend, verduidelik na my smekinge dat jy tog sal hoor hoe ek van alt tot deskant in wisseltone my […]
Smeking
Eers was U lig oral teenwoordig Toe neem die dónker oor, ewige dood In sy wese, openbaring van die wig Wat hartseer bring in my leë skoot ‘n Lig het weer gekom, vae winterskleur Oorheersend in sy skamele weerkaatsing Net soos my soeke na U o Heer Ek smeek U, verwyder wat intens indring In […]
Bacchus
Elk foto gestuur, verteenwoordig Die verlange en hoop vasgevang In ure, minute, sekondes, stil toegedig In omsoomde nood gestang Ek bid die viriliteit van jou lyf Meer nog jou manlik mensheid Kokon van kalm vrede, léwe inkluis In die vol smaak van jou vrug, jou huid Skenk ek my liggaam in spandraad Jou lotelinge wat […]
liefdesbaan (Goud)
waar die groot aardreuse ongestoord rondstaan en heuwels bolrug maak waar bergstrome kab’lend hul klippergang gaan in diep eggo-valleie en klowe waar die grasvelde tot rus kom om met die sluier van die silwer maan se straalglans bedek te word dáár sal ek wag vir jou om in ons eie liefdesbaan ongerepte […]