volmaan (Goud)
die volmaan kom groet die sterre en die goeie aarde tussen tweeling boomtoppe hurk hy stil hy reflekteer silwer-wit lig en bewerkstellig omtowering van ‘n stikdonker nag in magiese skoonheid daarna beweeg hy siklies voort in sy eliptiese baan van lig en donker
Moeder Aarde (Droogte, Vrystaat, 1980 +)
haar lewe is nou die droë seisoene waar die gras en kleinvolk lewe van áls gestroop sodat sy pretensieloos haar skurfgeid, onbeskaamd na die horisonne uitstrek haar melk-kanne, omgeval, áls uitgestort geroes toe die tere aanraking van dou opgedroog het die heuning sandsuiker tussen haar tande die lewe het dof geword van roói, poeier sand […]
Fees van die Eenvoudiges
Ek bid lankal nie meer nie Here U weet dit. Mis U my woorde? Lánk terug, het die woorde rigting verander. Die wat boontoe moes het ondertoe gebreek Soos glasstukke my lewenspad gesny Toe word dit my hele wese Geleidelik het dit “getaper” geraak Bewegings, bestaan, denke, dade woorde, stap, eet, als verstrengel Dae en […]
Helix
Helix Here, vanoggend, toe die son skoon bronstig in my hart ontplof ek my hande oor my oë vryf en ek die fyn geur van viooltjies op my lippe proe oopbars toé Here, het ek opeens weer besef die skepping reis ewig in U hart en vreugdevol is ek, passasier tussen ál die konstilasies nebulas […]
onvoelbare sien
ek sien jou oë ek hou van jou gesig dit bou vir my ‘n brug van eensaamheid na gemeensaamheid . eensaam en alleen opgesluit in die massa wat gillend in media skryf my ore tuit van hul sugte almal eensaam, alleen . gesigte word kennisse kennisse word vriende sonder voelbare kontak filtreer die beste voetjie […]
Kleurspel van liefde
Kleurspel van liefde My liefde wil jou aandryf na smaraggroenideale wat soos vuuropale aan jou hemelsfeer hang. My liefde omhels jou met kobaltbloukalmte waarin die sterre hul oë, wakend op jou hou. My liefde omarm jou met roosrooiwarmte waarmee die oggendson ‘n nuwe dag omvou en, my liefde kleef jou liefkosend aan soos die fosforglans […]
Diamantgedig: Bloeddiamante (brons)
Bloeddiamante bloedbevlek skitterblink vermoor, beroof, bedot gemyn, gewas, geslyp, gevyl verkwansel, verkoop, verkul regte egte kontorsionis
Junie 2023 – Winter projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 15 lede!! WENNERS GEDIGTE BRONS: NO. 6 Elna Kruger met Misrypkoue 2.NO. 11 Pieter Mostert met Duinegras NO. 13 Dale Penderis met Wind en ys EERVOLLE VERMELDING: 12 Pieter Mostert met Grasangelier 5 Elna Kruger met Winterhaikoe SILWER: 1.NO. 9 Hester Steenkamp met Wag vir winter NO. 8 Hester […]
Oseaan van vrede
oseaan van vrede jy kelk oor my seer gemoed salf my gekrente denke met beloftes van hoop met jou rustige in en uitwaarts spoel geselwoorde weg na dieptes van die see om my gemoed skoon te vee in jou rustige klots streel ‘n suslied van omgee word verdryf alle pyn en leed salwingsproei […]