Voëlvry
Ek het die kettings van jou mag skakel vir skakel afgeruk en vonkelnuut uit die fratsgolwe van jou stormgemoed gevlug vêr vêrder v ê r w e g tot waar die westerson agter die kimlyn lag en vrede triomfeer waar ek v o ë l v r y van flenterliefde is en onthef is van […]
Oggend na die reën
Die huis is gevul met die koffie reuk dit hang soos die aroma in die lug terwyl die son sy kop oor die rantjie steek en die donkerte van die strale weg vlug. Met ‘n beker boeretroos in die hand sien ek die aarde is blinknuut gewas modderpoele neem beheer van die sand mens […]
My Siel Stry Met My Hart
(Aan my suster Annamarie – moeder en suster) Saam met jou kan ek die pad nie bewandel – waar vrede en rus wag om jou te behandel; waar liefde jou, soos mis, met eerbied omvou om tuis te bring waar God geduldig wag op jou. Gedagtenis beelde van jou lewenslustige wese kom en gaan uit […]
DIE PREFEK VERTEL
STERGRADERING: BRONS WOORDETAL: 1280 DIE PREFEK VERTEL Ek is ’n ou moutortjie. My naam is Prefek, so blouetjie, kraaknuut en spoggerige 1960 model met net twee deure aan my vel, een vir pa en een vir ma. Ek was almal se liefing, deel van my gesin, hul plaas-toe-gaan moutortjie gedurende skoolvakansies. Dan het […]
DIE OU IN DIE SPIEËL
STERGRADERING: BRONS WOORDETAL: 878 DIE OU IN DIE SPIEËL Ek lê op die bed, besig om te herstel na ’n traumatiese hartomleidingsoperasie. My sig het aansienlik verswak, maar volgens die spesialis is dit net tydelik van aard. My gehoor is ook ernstig aangetas, alhoewel ek reeds aan gehoorverlies gely het voor die operasie.Telkens […]
Oor nuwighede en goeters (silwer)
Toe oujaarsnag ‘n natnuut nuwejaarsmôre word die son sy goue strale vonkelnuut oor die swartkliprantjies stort het ek nog grootoogwakker oor jou en my gedroom verwonderd in die lankverlore hartsgevoel se saligheid geloom my gemoed was tot oorlopens vol soos die weduwee se kruik vroegoggend het nog heerlik vars na laatnagreën geruik kraaknuut kom klop […]
Paradoks (silwer)
Laasjaar se kraaknuwe sellofaan lê nou verfrommel en verstrooi waar ashoopkinders gretig krap vir iets eetbaar of ietsie mooi ‘n bietjie blink of dalk die laaste soet uit ‘n kondensmelkblik om te vergoed vir die verdriet van ma en pa se oukrismis van bitter bier en tik die nuwe jaar breek vonkelnuut met vuurwerk en […]
Die betowering van eerstehands
Daar is ‘n magiese fassinering agter elke nuutbegin of nuwe ding. Hetsy dit ‘n nuwe jaar, ‘n nuwe uitdaging, ‘n nuwe gebruiksartikel, ‘n nuwe uitrusting, ‘n nuwe lewe of nuutbeplande reisondervinding is. Daardie element van “NUUT” prikkel die psige en gis opgewondenheid oor die onsekerheid en uitdaging van herontdek. Dis lekkerkry-ondervindings. Nuuskierigheid wat borrelend bruis […]
besef
stres is soos om op ‘n dun kabel te stap gespan tussen twee geboue alleen sonder veiligheidsnet wet van swaartekrag rem en trek heeltyd aan jou om te ontspan na jy veilig oor is voel wonderlik en sag maar die gespande emosie versteek homself diep onder die bewuste van jou hart ouderdom is sneller van […]