die wildevy (silwer)
die wildevy die wildevy sing droewig psalms as woedende winde uit wolke waai en hy wieg heen en weer, buig en skeur as wind sy takke teen die stam af draai die aanslag is intens en wreed maar die wind hou aan met snoei en ek hou my asem op toe ek sien hoe die […]
Lente
Lente Sy spoel winter se rou uit haar oë se blou in die helderskoon van die môredou grimmeer haar wimpers op die horison glimlag in die spieël van die oggendson strooi vars konfettibloeisels oor boom en blom wat naak in haar teenwoordigheid kom spore groen oor grasvlaktes se drome voëls besing haar koms in die […]
Sinestesie
Sinestesie* Ek sit op die stoep van my lewe en voel hoe die dag na stilte roep wyl skaduwees soos reuse word ek hoor hoe die strykstok van die son sy laaste note bladlees in die balk van die seisoene ek sien hoe die son skemer dirigeer tot v-ê-r … v-ê-r … oor die horison […]
NUWEJAARSBELOFTES
NUWEJAARSBELOFTES geskryf deur Fanus Strydom terwyl klappers kompeteer met knetterende braaivleisvure en vuurwerkpyle vlietend oorhoofs slinger borrel haastiggemaakte besluite en kraaknuwe beloftes net betyds soos gister se jaar helaas weer vonkelnuut dog ondeurdag en ydelwaar by mense en bottels se oorgulsig oopgebreekte bekke uit terwyl ek iewers tussen sterre en middernag se donker dronk met […]
DEURBRAAK
DEURBRAAK Geskryf deur Fanus Strydom 1246 woorde Vanuit die slaapvertrek hoor sy haar roep waar sy in die voorhuis besig is om vir die vrou ‘n kommetjie sop te maak. “Tsk…tsk…tsk…” klik sy peinsend haar tong, terwyl sy stadig roer aan die pot op die vuur voor haar. Sy besef haar tyd kom vining nader. […]
Sosiaal oorlede
Asof die mensdom jou konsuis soos ‘n brandsiekbrak verjaag ontkoppel jy – *(a)sosiaal; sinies, word niks en niemand ontsien nie illogies en onstabiel glo jy ad nauseam, dat almal behálwe jy, twissiek, onsimpatiek en aandadig aan jou laaghartigheid is. *Asosiaal: Grenslynpersoonlikheidsversteuring of GPV
lewe in die skemer
soos die awendson daal raak dit stil in mens se lewe almal om jou kyk meewarig na skelet van wat jy was wanneer jy stil raak word eensaamheid werklik mense verdink jou van trots van eiewysheid en inkennig as skemer wat so gou kom sny introversiewe denke diep selfondersoek laat bloedspore verdiep jou gelaatstrekke stille […]
Desember 2022 – Samesyn projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 7 lede! Wenners Gedigte Brons GEEN WENNERS Silwer (1) NO 4 Hester Steenkamp met Paasfees (2) NO 8 Driekie Grobler met My hart se tuiste (3) NO 10 Amanda De Meillon met Vlamme van vrees Goud (1) NO 11 Anzé Bezuidenhout met Bitterwyn Meningstukke (1) NO 4 Ano met Samesyn sonder […]
November 2022 – OOP projek Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 12 lede! Wenners Gedigte Brons (1) No 14 Von Villon met Duur (2) No 13 Koos Elsum met Stegies (3) No 5 Von Villon met Het God gesê? Silwer (1) No 18 Elize Kruger met Opstaantyd (2) No 25 Elmarie Nienaber van Kampten met Ek droom … (3) No 24 Elmarie […]