Red oupa se plaas
jare van geloof en hoop het verloop van haar bekoring is sy gestroop haar rivier bruis nie meer vrolik oor die spoelklippe eertyds onstuitlik ek voel nie meer haar hartklop passievol met elke perd se galop ek ruik die hartseer in haar winde nêrens is troos vir haar kroos te vinde ek proe nie meer […]
My Volk
eens; soos ’n bergpiek, uitgetroon bo die landskap langs ’n helderskoon waterstroom, waar die son oor sy kaalkop streel, en die môredou van sy voorkop vee, terwyl die diep plooie in sy blad, mos bedek, yl geklos op sy wange, plek-plek gevlek gelos, sy karakter sterk vertoon het. In die voue van sy blad gekleef, […]
Ekwilibris in die mis (brons)
ʼn getoiingde kabel tot breekpunt gespan tussen hemelhoë torings hul spitse verlore in die mis en ek, lompaard, skuifel daaroor onvas en onseker altyd een struikel weg van die dieptes daaronder ek weet jy voel dit ook vrolik, skaars veertig het sy afgetuimel weens ʼn bloedklont deur die hart en hy, met ʼn voorbode in […]
Berghaan uit die blou (Brons)
vir ʼn duif dra die dood nie ʼn ritselende mantel en bedruipte sens om siele mee te maai nie ʼn gesig van vlamme deurklief ʼn nimbuskroon terwyl grafswart lanse uit gesperde kloue kaats want die noodlot slaan toe vanuit die klare hemel op wydgespande vleuels waarvan die spitse sagkens fluister © Cobus Kruger, 2024
DIE SKEPPING VAN DIE HEELAL – WAT IS DIE WAARHEID?
Hierdie is sekerlik een van die mees tergende vrae waarmee die menslike brein gekonfonteer word. Die mens is geskape met ’n ondersoekende gees en hierin speel sy sintuie, veral sy oë, ’n prominente rol. Die mens se oë soek na orde in elke saak of verskynsel en kanaliseer dan daardie orde na sy brein, wat […]
vrug
“dood waar lê jou angel waar is jou oorwinning” om lewensvrug te geniet moet jy gelukkig en voorspoedig wees gevul met volmaakte harmonie en liefde jou gesin soos ‘n gesonde wingerd vol lewenskrag – gawe van God vol dankbaarheid en vrede om goeie lewensvrugte te kan dra moet jy kan presteer teenoor […]
Hentiesbaai (Silwer)
Hentiesbaai aan die westekant op die rand van die land omsoom sand die see en loop my onthou vrylik rond oor die geruis van gruisvlaktes en ligeenvelde vol verhale van vroeër waar spieëlbeelde van wat dalk daar is of miskien kon wees vibreer op die horison vasgeskroei aan my wese koester ek kommerlose kinderdae van […]
En Toe Val ’n Grote
daar lê hy nou, ’n ribbebeen van hout en heilige stilte, ‘n stof-stam van oneindige woorde sy blare verwelk sag in die wind van ’n volk se stemme, ’n nasie wat hom vir altyd sal saam dra, gedigte soos ‘n mantel oor skouers. en selfs die voëls, wat eers in sy takke gesing […]
Instapoësie
nou het straatdigter mondig geword Bruno Osaki Fazano het bevind dat: straatdigter se poësie as ‘n genre verstaan kan word voorheen verguis maar nou erken het Instapoēsie/Facebook-poësie nie weg gebreek van “Die Establishment” nie maar word as samehorige genre beskou visueel aantreklik, snelheid van inhoudproduksie onmiddelik herkenbaar as Instapoësie nou kan straatdigter […]
melancholie
fyn staat van welwees teenoor droefgeestige verset wat gevoel van hartseer-moegheid jou asem laat gryp na krampagtigheid in melancholiestraat woon daar net haat selfveragtende haat wat jouself verlaat neerdrukkende neiging na distimie aarde se neerdrukkende toestand sy tragedié en wreedheid maak jou analities stil totdat jy uitbreek uit jou introversie strate vol wil gil […]