Red oupa se plaas
jare van geloof en hoop het verloop
van haar bekoring is sy gestroop
haar rivier bruis nie meer vrolik
oor die spoelklippe eertyds onstuitlik
ek voel nie meer haar hartklop
passievol met elke perd se galop
ek ruik die hartseer in haar winde
nêrens is troos vir haar kroos te vinde
ek proe nie meer die dou op die rose
rondom haar opstal geplant
en die lelies van haar veld het verbrand
onder opstand van die politieke mag gekose
die sterre in haar oë is uitgedoof
en haar glimlag is in kraters gekloof
haar oë het verblyk tot ekolokiese lyk
en die melodie in haar stem het stil-stil gewyk …
wat het van oupa se plaas geword?
met sy nostalgie omgord
red oupa se plaas!
—————–oo00oo——————
©Pieter Mostert
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.