Uit die gewelf
ikoon Agάpē se stem liefde
in die lirieke binne die idioom
van Sy Almag rympatroon Hy
die mens uit die stof van die aarde
met Sy beeld en Sy gelykenis omarm
Hy die liefde met Sy genade
Agάpē metafoor Sy Liefde in die suggestie
van elke korreltjie sand se liriek sonnet
Hy liefde uit die ribbebeen in my sy
en sinestesie ’n liefdes-ballade in my hart
maar die Slang interteks ’n bose liefde
ironie dorings en dissels van smart
Agάpē her-dig die Liefde in waarde
om my en jou saak skryf Hy Sy poësie
van vergifnis en lewe in gebroke-kruisrym
in Sy liefdesballade op die horison
waar Golgota aan die hemel raak metafoor
Hy die liefde terug in Sy hemelruim
sodat liéfde in waarde
in Sy genade kan lewe
——-ooo000ooo——-
©Pieter Mostert (24/02/24)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.