Kersfees in Europa
in middel van winters dag skyn ‘n Lig, heilige dag van Kersfees het aangebreek, om Sy liefde wat in ons is te vier, Sy hoop na verwese wêreld te bring kindjie Jesus, gebore in ‘n nederige stal, bring vrede en oneindige vreugde mee, Sy boodskap van liefde motiveer ons, om in oneindige […]
Die ware fees (Brons)
Die ware fees Kersfees hunker na saamwees knus toegevou in ‘n karos van ‘n heilige gees van boom tot kruis kniellend bedees want by die krip van ‘n Hemelse Koning vier ons fees. C Diederiks ©
toekomslied
boereseun van die berge van stoere boere bloed aan my vaderland getrou bly ek tot ek moet sterwe geen prinse van nêrens af of konings van verre buig ek my knieë voor gasvry en beleefd is ek wel godsvresend lewe ons saam ons geloof altyd sterk daarom bly ons altyd so getrou […]
in absentia (silwer)
in absentia by ’n lang tafel waar agt kan sit is slegs twee borde gedek want die kinders het laat weet hul vier Kersfees op ’n ander plek © Hester Steenkamp
Somerseisoen (Silwer)
Somerseisoen Kersfees word gevier met ’n braaivleisvuur en oor strande speel branders ’n klokkespel Met koue waatlemoen in ’n somerseisoen kom families saam om seëninge te tel © Hester Steenkamp
Kersdag in die Droogte
Kersdag in die Droogte Dis Kersdag. My boerman is vroeg uit om die diere voer te gee, en ek sit op die agterstoep met ’n koppie koffie. Terwyl ek oor die droë veld uitkyk, sien ek die brosdoring helderpienk teen die vaal van die veld. Die kontras laat snak my na my asem. Soos ek […]
Helder ster (goud)
Dis heerlike Kersfees, nog ’n jaar is verby, ons hou weer vakansie, net ek en jy. Ons luister na golwe, ons braai op die stoep, tot die Ster van Betlehem na ons roep. © 12/2024 Caren Kearley
Vir jou my lief (Goud)
“Kersfees klokke sing ‘n sagte melodie, sterre dans in heilige harmonie. Ek pluk die helderste een vir jou, my lief, om in jou hart te hou.” © 12/2024 Caren Kearley
hoekom jy ʼn geskenkbewys kry (brons)
ʼn hoëveld-donderstorm wat skielik elektries losbars en stroompies deur mekaar laat vleg pas moeilik in ʼn kersfees-geskenkboks