wie is Ek
wie is Ek
Ek is die Lig
die waaragtige Lig
wat elke mens verlig
Ek was in die wêreld –
wêreld het deur My ontstaan
die wêreld het My nie geken nie
Ek het na My eiendom toe gekom
julle het My nie aangeneem nie
aan almal wat in My Naam glo
het ek die mag gegee om
kinders van God te word
so het die Woord vlees geword
en onder julle gewoon – en julle –
het Sy heerlikheid aanskou:
heerlikheid soos van die
Eniggeborene wat van
die Vader kom – vol
genade en waarheid
© Tearlach.
Pastice: Joh.1
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.