Jongste aktiwiteit:

‘n Kersdag se ware verhaal

Die dae het verby gesnel
Kersfees is om die draai
liggies brand in elke straat
en mense word vir niemand kwaad

Waar familie bymekaar kom
om die eenvoudige waarheid
van liefde te voel
Kersfees kaarte, geskenke
en lekkergoed uit te deel

‘n Vreugdevolle viering
rondom Jesus se geboorte te vier
kom ons herontdek
weer die waarde van Kersfees

Skenk ons ‘n helder somerfees
‘n onthou’fees…
maar in hierdie maalstroom
van brassery
het die dieper betekenis
daarvan verlore geraak

Die heel oudste lied wat ons ken
” Stille nag Heilige nag”
Jesus kind lank verwag
Hy is gebore om ons te red




2 Kommentare

  • Anze

    Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die INK gedenkbundel projek 

  • Inkmoderator

    Poësie in eenvoud is pragtig. Ek het jou vers geknip en geplak en maak 'n paar voorstelle vir oorweging; Die dae het verby gesnel Kersfees is om die draai liggies brand in elke straat en mense word vir niemand kwaad [en niemand word maklik kwaad] Waar familie bymekaar kom om die eenvoudige waarheid [eenvoud in waarheid] van liefde te voel Kersfees kaarte, geskenke [kersfeeskaarte = een woord] en lekkergoed uit te deel ‘n Vreugdevolle viering rondom Jesus se geboorte te vier [te vier kan weggelaat word] kom ons herontdek [om weer die waarde] weer die waarde van Kersfees [van Kersfees te ontdek] Skenk ons ‘n helder somerfees ‘n onthou'fees… ['n onthou-fees] maar in hierdie maalstroom [en dat in hierdie maalstroom] van brassery [van brassery] het die dieper betekenis die dieper betekenis] daarvan verlore geraak [nié verlore sal raak] Die heel oudste lied wat ons ken [Herinner ons aan die oudste lied] ” Stille nag Heilige nag” [van 'n stille, heilige nag] Jesus kind lank verwag [van Jesus-kind se lang verwag] Hy is gebore om ons te red [dat Hy gebore is om ons te red] Ek het redelik gekarring aan jou vers en jy hoef geensins al of enige van die voorstelle te gebruik nie. Gesels gerus hieroor. Groete IM

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed