oordink
brons oordink ek óórdink of die ‘móóntlike’ sal gebeur of dit môre gaan reën soos my stroewe linkerheup voorspel of die woorde wat ek vind, genoég is of die stórms in my kop die lowergroen paradys in my óórvol letterboek sal laat verlep ©Anne-Marie Bartie 2024
pouveer
brons pouveer my glashart val uit my bors en skerf tussen lyf en vloer in donderende stilte ek het die vertraagde aksie voorspel ek wás mos reeds hier hier waar blítsende pyn die bodem van die dam met búlderende spoed slaan ek het reeds hierdie model tot perféksie geïngenieur híér waar die moeisame opvee die […]
See seëninge
See seëninge Genesing vir gees, siel en liggaam is ‘n wegbreek dag saam. By St Ives baai staar ons oor die kaai waar bootjies dobber in die see vind ons vree. Die seelug sit asem in ons longe by die lek van die brander tonge. Warm winter son strale soen saggies en vul ons kloppende […]
Ebenhaéser.
“Tot hiertoe het die Here ons gehelp.” Dag na dag word ons deur hoër hand gedra en gelei. God alleen moet ons lewe lank hierdie erkenning en eer verkry! Op eie been kan ons nie staan. Afhanklik sal ons altyd bly. Niks wat mensekind doen, sal ooit kan vergoed vir Genade onverdiend. In U Here […]
van ‘n roos
jou dopgehou vandat jou knoppie aan die lenige stingel begin vorm aanneem het eers die ontvouing van groen blare later die volheid van jou rondheid wat swel tot dit oopbreek en jou helderste kleure uitvou en vertoon met elke doudruppel wat ek waarneem op jou kelkblare smelt my hart in diepe liefde ©Teãrlach.
Hulle gaan ‘Huis toe’
Wanneer ons grootmense een vir een ‘Huistoe’ gaan, bly daar ‘n leemte, verlange na die goeie dae wat eens was… In hemelland word hul egter verwelkom deur bemindes lank reeds daar. Hulle lewe op aarde was egter nie verniet, so baie kon ons by hul leer. Liefde vir ons naaste, respek… So baie wat min […]
GEBED
Gebed ken geen perke en word nie deur afstand gestuit. Gebed is jou toegang, hierdeur word enige antwoord deur die aanhoorder ontsluit. Gebed is soms ons laaste uitstort van hartsverlange wanneer jy in hulpeloosheid en moeilikheid verkeer. Gebed dwing jou op jou knieë, so het ons van toeka af geleer. “Onse Vader, wat in die […]
Die pad “Huis toe”
Ons beweeg van dag tot dag in verskillende rigtings… Ons verskil ten opsigte van voorkeure,denke en ook opinies. Alhoewel ons verskillende weë bewandel, is daar 1 weg wat ons almal moet loop… Die smal pad ‘huis toe’. Ons sal nooit seker wees hoe lank of kort die reis mag duur. Sekerheid is, ons almal het […]
Nader aan U
As die reen net soms saggies op my lewe wil val… Sou ek dankbaar voor Hom staan, My siel blom soos ‘n lelie onder in die dal… Sal ons Sy handewerk ooit verstaan? Heer van Aard en Hemel, Hoe troebel voel ons soms? Alleen… U is Skepper, die Blink morester. Skenk ons gemoedskalmte… Rede om […]
Laat my Jubel
Al ken ek nie die pad van more, Leer my om op U te vertrou. U is bekend met al ons wee, U sterk ons ook in elke tree. Sou ek die lig sien opkom, Maar my hart nie spring van blydskap, Laat my steeds jubel in my bede, U is getrou, U is ons […]