vertree
in U spore probeer ons stap die goeie wat ons wil, die doen ons nie die slegte wat ons wil vermy, ry ons bloots elkeen dra sy eie gewete en wroeg maar U het alles reeds vertree ©Teãrlach.
God is Liefde
In ons wêreld stukkend en gebroke, blyk daar geen teken van liefde rein en teer. Harte gevul met wraak eis lewens en stook ‘n vuur van seer. Kinders sien geen belowende toekoms en staar hul blind teen die dag se donker en onheil. Liefde het in mense oog plek met wanhoop en swaarkry verruil. […]
Die taal van wysheid.
Uit die mond van die suigeling sypel waarheid net soos die hart van ‘n grysaard die taal van eeue oue wysheid praat. Alles in die lewe spreek van gejaagheid. Verby vliet die pitstop van stilword, oorweeg, bedink… Reisiger hoe lank sal jou reis nog duur? Ken jy die tyd? Is jy gereed vir daardie […]
Net Genoeg.
Soms vra ons vir dit wat ons nie nodig het. Soms soek ons na dit nie vir almal beskore. Soms hunker jy na dinge wat nie in God se raadsplan bestaan. Wees waaksaam. Ons raak maklik deur eie keuses verlore. Vir elkeen op aard is daar grense gestel. Vir elkeen van Sy kinders het God […]
Januarie 2024 OOP projek
Beste INKers So breek 2024 aan en is my wens vir elkeen van julle ‘n jaar van voorspoed en guns. Mag elke taak wat jy hierdie jaar aanpak voorspoedig wees, “en tog in die geval waar ons faal, laat dit gebeur terwyl ons uitmuntend strewe sodat ons siele nie tussen die koue en skugter siele […]
Macbeth
Macbeth Donker naggeluide drom om die kookpot saam, terwyl die hoonlag van die hekse jou saamsleep en laat glo dat jy – Macbeth – vir Duncan sal onttroon terwyl jy handoormond die dood van Banque en Duncan betreur (jou vriende wat jy gewetenloos na Hades stuur) loop jou uurglas leeg die kroon […]
sproetgesig se seëning (SILWER)
sproetgesig seëning stil, alleen staan ek voor my spieël ek sien twee groot blou oë en vele sproetjies op my neus “so ssssooo s-s-s-Sunet, …” hoekom sukkel die woorde dan so om uit my mond te kom? wat is die oorsaak dat woorde so haak as ek praat? die spieël glinster […]
goed genoeg? (SILWER)
goed genoeg? hoeveel keer gaan ek nog myself met ander vergelyk ander mense lyk dan so selfversekerd en selfs perfek hul lyk so super sukgeluk dat jy dit nie kan miskyk dit lyk so belowend dat dit my sommer nader wil trek tog kyk ek in die spieël, minderwaardig en gebreek soos ʼn verskietende ster wat […]
Wapenstilstand – Kersfees 1914 (Brons)
dis oukersaand, soldate sit sy aan sy in die modderige loopgrawe van die Niemandsland iewers tussen Frankryk en Belgie veg Fransman, Brit en Duitser vir sy land sombernis en koue klou genadeloos aan elk’ soldaat se hart, dis amper Kersfees en geliefdes ver met slegs ʼn kiekie teen die bors verlang elkeen alleen, […]
kismet (Goud)
asof in laaste saluut het ons saam-saam teruggedraai mekaar se oë probeer ontwapen getalm… ‘n onverwagse vrede het ons momenteel ont-ego sodat ons byna uitgereik het na mekaar maar die vele neerlae reeds gely aan beide kante was net té fel daarom het ons weer omgedraai en finaal weggestap sonder terugblik […]