
goed genoeg? (SILWER)
goed genoeg?
hoeveel keer gaan ek nog myself met ander vergelyk
ander mense lyk dan so selfversekerd en selfs perfek
hul lyk so super sukgeluk dat jy dit nie kan miskyk
dit lyk so belowend dat dit my sommer nader wil trek
tog kyk ek in die spieël, minderwaardig en gebreek
soos ʼn verskietende ster wat nooit helder sal flikker
ek soek na ander se goedkeuring, dit bly ontbreek
ek probeer alle pogings om myself op te kikker
maar wie is ander om te bepaal ek is nie goed genoeg?
wie is waardig om die standaarde of my waarde te bepaal?
is dit dan nie die heel beste om nie verder te swoeg
en te besef ek is goed genoeg en dat ek sukses sal behaal
ag Heer, help my om my waarde deur U oë te sien
sodat ek voluit kan leef en U ook so te kan dien
©MarleneErasmus 02/01/2024
Neologisme sukgeluk: suksesvol en gelukkig
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou bydrae vir Desember 2023 – Veldslag projek