Vinnig Stop
rubberwiele skuur oor swart slaggat pad elke man in sy eie staalkas oppad met ń eie nood vuil wit papier fladder teen swart stam bloekombos die plek is gemerk, as broek aftrek plek wiele knars oor gruis by die aflaaiplek dan skielik ń gesig ! wat vry vir… die venster bars tonge klap, hande gryp […]
Vlugtige Antwoorde
in ongemaklike sitplekke op nimmereindige soektogte, oppad na ander plekke in velerlei reistuie word ons vasgevang hoë energie masjiene dryf helikopter brommers en vlamgat hoog vlieg stralers voor oordonder instrumente alles, homo sapiens is op ń tegnologiese vlug in onbewuste slaap is elkeen knus in ń eie kombers dis wanneer unieke eie tegnologie beelde teen […]
Magiese hipnose -Goud
honger arms wink vraatsig terwyl die monster dreunend grom dan weer lustig luier uit donker dieptes waar magiese oë glinster… spuug hy sy wit skuim-asem na bo spikkel-wit speeksel breek ritmies teen goudkorrelsand onsigbaar hipnoties neem ek sy hand een-twee-drie sleep ons voete sku op die sluwe wrede wals van die magtige – misterieuse oseaan […]
Selfondersoek Goud
“Mamma, kyk.” My kind gooi die ou foto’s voor my neer. Onwillekeurig ruk Lucas Maree se woorde uit sy liedjie ‘kiekies’, my terug na die verlede. “My kiekies is bewyse van die feit dat ek ook daar was.” Ek staar na die bewysstukke van ‘n stukkende verlede. Ek het nie ‘n spieël nodig nie. Die […]
Spatsels van veraad Goud
Die sny is diep die lem suiwer sekuur onverwags… slinkse jakkalsdraaie strooi saad in kronkelpaaie saai onkruid in n koringland klein groenspatsel gif ontkiem dra vrug wat drup van kwaad tog sal jou siek verraad jou laat verstik in eie smaad ©️ Amanda de Meillon Jan 2025
Soek my in elke reënboog (Brons)
(Opgedra aan Naudé) Dis tyd vir my om nou te groet vir hierdie aardse bestaan wat soveel mooi en pyn inhou dit was ‘n wyle myne gewees maar … nou gaan ek jul vir eers verlaat en as trane wil opwel in jul hart die gemoed oorspoel met verlange lig net jul oë op […]
Twee rye Spore
wanneer twee rye spore diep in jou gedagtes begin rol raak mens weg en voel so verlore aan die onthou dae wat steeds tol in gebeure wat aan my hart geruk het wanneer jy die reguit pad geloop het en mens jou dan die kronkel pad laat vat onseker oordat dinge jou laat belet gryp […]
Vraatsigboksie
so selfversekerd neem jy mense in jou mag vasgevang in ń web kom geen een klaar sonder jou van boodskap na boodskap dring jy deur na elkeen se privaatheid dis facebook, whatsapp, tiktok en nog wat noem maar op, en elkeen is so bewus van jou van soetwoordjies tot skelwoorde van christen tot antichris reenboognasie […]
Wasdae
grof en skurf is die mure afgewerk onder lê die betonvloer nat waaroor koue voete na ń wastrog sleep blomrok voorhuisvrou voetjies goed versorg loop haar matsag gang soos in ń advertensiefliek na haar waswerkplek ouma sug handwaswerk was erg ma knor masjienwaswerk is aaklig sus skree dit is robotwerk !