‘n Perfekte dag
(1991 woorde) n Perfekte dag Die getik-tik-tik van sy pen het my woorde vervaard na die eerste van my drie keuses laat gryp. “Besluiteloos …, Ouboet?” het Daleen my oudergewoonte so onderlangs geterg. Ek kom seker vir haar besluiteloos voor en ek wou-wou myself vir haar vererg. Sy het my te goed geken en […]
Hemel palet
Die opwinding borrel diep binne in my genadig is nog ‘n martelende week verby die naweek ontvlugting lê voor die deur weg van dit wat my rustelose hart versteur in raadsale vergader werkslawe uur op uur om geforseerde oorbodige opinies te verduur Die pad huis toe is in donker gedagtes omvou onversadige verkeer laat my […]
Die maskerbal (Tussen André P.Brink en Ingrid Jonker)
Sy dra ‘n masker, ryp wit van albaster. “Onthou jy nog, daai dag by die see?” Hy dra ‘n masker, swart gegiet soos ‘n donker abissaal. “Daar was ‘n mandjie vol dadels en ‘n trossie drywe wat ons kon deel” Hoe donkerkil is ‘n winter, swaai-swaai-om en om oor die vloer. “Die sand gly tussendeur […]
goeie vriendskap (Volgens die Skrif)
die beste vriend wat jy ooit geken het; “die Here het met Moses gepraat van aangesig tot aangesig, soos: ‘n man met sy vriend” vriende wat die Here dien, is soos vars kole op die vuur “Hy was altyd daar vir my”; “Hy was altyd reg met ‘n grappie en iets […]
klokkespel
beuelblaser luister nou na die klokkespel van die lewe met eervolle vermelding blaas jy jou eie basuin ‘n hartseer basaan voorspel tot jou laaste spel die klokkespel gaan voort lewens kom en gaan soos dit hoort dit wat was word vervang deur die hede vandag se musiek bepaal die wysie die kadens […]
K aatjie krag
In elke dorp is daar altyd een: ’n vrou met karmosyn lippe, kêrels in dosyne, en ’n geheim wat saam met die wind verdwyn. Hier volg die kronieke van Kaatjie, in klanke van karmenaadjie, kakofonie en karmosyn. . KARMENAADJIE . K armenaadjie Kaatjie het laatnag geloer na A l haar kêrels wat kraaiend jaloers was. […]
Vingerete (SILWER)
Vingerete Plat-op-die-aarde oomblikke van waarde waar ons langsaam teug aan samesyn en wyn. Voedsame sielskos wat vriendinne los wanneer hul ruim die bak met versnap’ring en begrip vol pak Brokstukke leef word in vriendskap gedoop; die hardheid gestroop tot verteerbare stukkies beloofde hoop. ©ASvdMerwe
Op blokkies van vrede #brons
Op blokkies van vrede Op ‘n groen-en-blou Skotse blokkieskombers keurig geweef met goue geluk se gare, ‘n tere toonbeeld van harmonie en vrede, ‘n skans teen klamheid van benede. Staan ‘n boepens mandjie, propvol lekkernye: geel-oranje, gladdewang perskes soos sonskynvreugde blinkend mooi; resiesrooi kersietamaties ‘n simbool van liefde wat bloei. Sagtegroen slaaiblare soos engelvlerke teer […]