Ek – die tou Goud Nov/Des Pojek
Ek – die tou My growwe vingers grou teen jou sagte vel. Ek voel jou angs. Ek voel die seer van onskuld wat soos n elektriese lading deur my vingers pols. Gee ek om? Jare lank word ek verafsku. Word ek gehaat, misbruik en skreeu ek – onhoorbaar- teen onnodige geweld onder die gewig […]
lokaas
saam met die “clickbait” kom die val van die sinne “podcast” op “podcast” ry daarop hoe meer blootstelling hul verkry soek maar: elkeen stel sy aas wat my opval; liggelowige “kop-innie-sand” slurp dit op soos dit verskyn dit is soos kakkerlak blokkies die “reuk” van “muishond-nuushond” hang soos drolpeerblomme se reuk in […]
triek
soveel dae, soveel nuwe trieks een staan op sy kop, ander dryf in die lug een kaart kies, twee kaarte vervies elke beskikbare blad spel sy trieks uit lokblaaie se advertensies lê ryp elkeen het die tyd gegryp einde van die jaar kom laat ons nog ‘n bietjie.. net nog ėėn triek aan ons […]
gedag-gedog-gedrog
douvoordag se drome raakgevatte nagmerries wat gallop en baljaar op ouveld se jaar diep het diė dag gesetel oneindig dieper as diepste geheuepatrone wat herwin en win en wan tot stof sal stof nooit gaan lê nie elke nuwe wind dit oprakel opstu in my gebrakelde nou, van vandag stap […]
nektar
na eerste reën ingesak het verskyn die mooiste trosse wit blomme oral teen die rante van ons mooi land pryk dit fotograwe kom van heinde en verre om dit te sien maar hulle hou ‘n veilige afstand daarvan weg omdat, uit die mooiste wit blomme se nektar kom die aakligste reuke aan op […]
trots
hy is trots op sy herkoms waar trots heers val DNA plat trots is nie altyd hovaardig nie trots gaan nie noodwendig saam met hoë status nie gaan dikwels ook nie saam met rykdom nie trots kan egter ook voor-op-die-wa beteken om trots te wees op jouself, jou kinders wederhelfte en familie is […]
Onthou (Klas silwer: Desember oop projek)
Onthou ek onthou deesdae maar sleg seker maar oor my oorsaaklike verval tydens hierdie taktlose tydsinterval van veselverwering en verstandsbeleg ek raak boonop ook gou boekbabelaas met my yl woordweefsels wat skielik stop dis ‘n gesukkel om rym en vers te laat klop dus volg ek ‘n ongewone trant helaas want my onthou […]
Oktober 2025 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
GELUK AAN HIERDIE 9 LEDE! GEDIGTE: Brons: (1) No 6 Awona MET Wete besef (2) No 9 Nicola Brown MET In die as van my gebede (3) No 5 Awona MET Stil in beweging Silwer: (1) No 11 Retha van Deventer MET Ek mis myself (2) No 12 Retha van Deventer MET Karookind sal ek […]