Die jaar se laaste lig
Die jaar se laaste lig Die jaar se uurglas loop uit; die druppels teen die ruit glinster soos my gemoed, met ‘n storm wat in my binnetuin woed. Dae en maande is inmekaar geweef, soos ‘n lugballon wat oor lappieslande sweef. Soms het die son helder geskyn, soms was donker wolke met ‘n goue randjie […]
“ Hier is my hart, jy kan dit sien. Ek kom sonder skadu’s.”
Die son se oog maak pêrel-pienk sy verskyning oor die hoë rooi duine van die Kalahariwoestyn en begin al hoër en hoër in die wolklose blou hemelruim opklim. Die jong Boesmanseun, Kuri, maak sy oë oop en met ’n groot gaap staan hy opgewonde van sy karos af op en hardloop na buite. Dit is […]
elikser
klein houertjie – groot gif soos jy yster in goud verander soos jy verkoue in gesondheid toor so is jou invloed op my donker gees jy wat die oggendson in neon kleur wat my bloed verdun en verloop ast ware my lewe verleng jy is die elikser van my jou spitsvondigheid ongekunstelde vermaak […]
Vuil Gevat
Vuil Gevat 1 die vuilvatvingers van die mens lê walglik sigbaar oor ons land papiersakke wapper aan elk’ doringdraadgrens die vuilvatvingers van die mens bemors selfs die oseaan se spens rommel lê op vlaktes en op die strand die vuilvatvingers van die mens lê walglik sigbaar oor ons land Vuil Gevat 2 doodgedruk, […]
draak
in donker van nag speel drama nou af nouer as nou in aaklige strate van nagmerries waar donker heers telkens die diepte van nag wanneer my gees wil rus verskyn Raka-beelde stormende geeste van onvolmaaktheid greinsende gesigte vol donder-en-bliksem speel oor duine van sand riel teen klowe af in banale gekners […]
bedek
Liefde bedek ons streel ons siel en gees onselfsugtig, eerlik en skoon onopgesmuk, teer en vol wysheid saggies en teer, sonder enige verweer soos wilgertakkies in die dralende wind versnyde klanke van bamboes wat buig wappenerende vlae, vas aan ‘n paal van waar dit kom, weet ons goed waar dit heen gaan, droom […]
psige van trou
“wanneer twee mense trou word hul een” (baie wonder egter ‘n leeftyd lank: watter een?) om getroud te bly moet jy multilingual-isties wees uit jou meta sal jou beta tevoorskyn kom soos jul saam die sakke sout verorber sal geluk metastateer vir die vrou, moet sy verstaan dat daar vier tipes […]
DIE MENSLIKE BREIN VS MODERNE ELEKTRONIESE TEGNOLOGIE
Die mees tergende vraag waarmee die mens in ons kontemporêre samelewing gekonfronteer word is: “Is ons moderne elektroniese tegnologie ’n plaasvervanger vir die menslike brein?” Die menslike brein en die rekenaar oftewel elektroniese stelsel verskil fundamenteel in aard. Die menslike brein is ’n biologiese orgaan, geskep deur die liefdevolle hand van God tydens Sy skepping […]
Gedemptheid (Silwer klas Desember oop projek)
Gedemptheid ek dink deserdae aan die tye alhoemeer in die geheuegreep van gister toe my verlede nog suiwer was soos die dorp se stilte so sonoor wat in die namiddag gestol het tot’n wasige weёmoed durend totdat die kerk van klip se klokke beierend gebulk het deur die torings se kantele as gedempte gesange van […]