Henties baai
Hentiesbaai Deur: Ryno du Plessis Brandersry, roomys kry. Vis gaan byt, onthou die wyn. Tent opslaan, dorp toe gaan. Koffie drink, geselskap blink. Klink die man van die binneband, voete vol seesand. Dae vlieg so gou verby. Dit is tyd vir huistoe ry, maar my hart wil net hier bly. © 2026 Ryno du Plessis
Kaas en wyn
Kaas en Wyn Deur: Ryno du Plessis Jy hou van kaas en wyn, ek dink meer van die wyn. Dit verbloem jou diepe pyn. Daar is so ’n dun lyn, min kan dit lees, jy wens dit kon jy wees. Jou briewe praat van pyn, geskryf met net te veel wyn. Jou tong gly oor […]
Mabalêl se parallel
jou tese en anitese sorg steeds vir baie vrese hul dialektiese prosesse sukkel steeds om by sintese te kom al is daar kleure van reënboë wyd verspreid oor berg en vlak bly die jong meisie broos waar sy die waterkruik onskuldig dra en Lalele haar verslind en in waterhel wegvoer Mabalêl, jou susters […]
Blouberstrand – ’n Akrostigon
Blouberstrand – ’n Akrostigon ‘ By die baai lê lig in skakerings van spookasempienk, Langs die strand loop ek kaalvoet in die sand. Op Blouberg se strand haal my siel weer asem, Uit die wydte van die see kom daar beloftes na my toe. Branders rol in met skuimende wit maanhare in die wind. Elke […]
Blouberg se roepstem
Blouberg se roepstem Ons besoek graag mooi plekke. Bloubergstrand is egter die plek wat ons elke keer terugroep. Ons gaan altyd terug, oor die wydte van die see, die oop strand, en die lieflike berg wat oorkant die baai rus soos ’n grysblou psalm teen die hemel. Op Blouberg se strand haal my […]
Tuis in die bos
Tuis in die bos Deur: Ryno du Plessis Hier in my wêreld klim ons berge. Drink koffie op die stoep, praat oor goed wat saak maak. Noem ’n ding op sy naam, vir groot en klein om te verstaan. Natuur ken ons hart; hier werk ons hard. Plant en ploeg, verdien ons brood met sweet […]
Ken jy my
Ken jy my? Deur: Ryno du Plessis Jy luister na die klanke, maar hoor geen woorde. Tussen lyne vertel ek jou my storie; my hart sing van glorie, ook smart wat niemand mag hoor nie. Donkerte wat skree, hier in my kop se tronk. Tog wys ek jou waar woorde lewe; gebreke maak van my […]
Die net van ” maar net”
Die net van “maar net” Deur: Ryno du Plessis Ai, hoe lekker sag en knus val die leuens en verkeerd op die kussing van “maar net”. Ek gaan maar net sê… Die ek word ons, want “maar net” het ons altwee nou gevange. Nou sit ek en wonder, soos ek na jou verhaal sit en […]
pro
haai, pro jou ondersteuning word waardeer elke woordjie van aanmoediging word baie deeglik gelees jy bly ‘n kundige leser waardeerder van gedagtes van mensedrome in gedigte en paragrawe al lees jy dan net weet ek jou hart lê reg jou binneste vorm sy eie gedagtes in kontra met die sleg © Tearlach.
Sonneblom
Sonneblom Deur: Ryno du Plessis Kop om hoog, maak nie saak waar jou voet mag staan. Omstandighede traak jou nie. Hou jou kop omhoog na Hom wat die son vir ons bring. Winde kan maar waai, storms mag maar woed. Jy staan vas, vol moed. Nie net ’n blom nie—uit jou word ons gevoed, dier […]