Op die boonste rak
Lien Meiring het haar stoel effens nader aan die venster geskuif, soos iemand wat nie omgee om gesien te word waar sy sit en kyk nie. Voor haar het die ou eikeboom gestaan, uitgedos in koper, goud en roes. So buitensporig mooi dat dit byna aanstellerig gelyk het. In Huis Herfsblare was daar nie juis […]
In die reuk van motbolle
Op oupa Koos se plot was daar een kas waaraan niemand sommer geraak het nie. Hy het nie in die voorhuis gestaan waar almal hom kon sien nie. Nee. Sy plek was agter in ’n skemer hoek van die huis. Gewone kaste hou klere en linnegoed. Maar om party kaste kom daar mettertyd ’n heilige […]
Lekker by die see
Lekker by die see Deur: Ryno du Plessis My hart klop vol. Ek kan al die branders voel. Nat sand tussen my tone,kom spoel nuwe golwe. Meeue skree, duik vir mossels in die see. Koel is die nag, om die vuur hou ons wag. Tente wapper, kole knetter. Die manne uiwer, wie se lyn saan […]
Suur wyn
Suur wyn Deur: Ryno du Plessis Donker dieptes dek jy jou tafel, probeer ontglip jou dade met jou spel van woorde. Soos donker gekleurde hare, verander jy hartnsare. Die soet van vrugte verander in die smaak van suur wyn. Versteek in jou eie pyn, verstaan jy nie die lewensgryn. Stil, stil gaan woorde verdwyn, jy […]
Woorde sit sag
Woorde sit sag Deur: Ryno du Plessis Gaan bere maar die leer, kom sit jou lang my neer. Voel hoe sag die woorde, amper soos akoorde. Verstaan my taal,hoor my verhaal. Vertel jou storie, niks is goor nie. Hier waar niemand hoor nie, klank ons in moederstaal. So baie staan kaal, probeer dit vertaal. Hier […]
Die essensie van sleurtake (618 Woorde)
Ek het ‘n paar jaar gelede op ‘n video afgekom wat handel oor die belangrikheid daarvan om jou bed elke oggend, sonder uitsondering, op te maak. Ene Admiraal William H.McRaven van Amerika was aan die woord en hy het ‘n hele paar voordele van bed opmaak voor die dag begin, met selfvertroue en gesag voorgehou. […]
Tussen leeg en vol #silwer
Tussen leeg en vol Soos die Prediker sou sê: daar is ‘n tyd om bymekaar te maak en ‘n tyd om uit te gooi; ‘n tyd om uit te deel of saam te vat. ‘n Tyd wanneer die leegmaak van kaste ‘n vreemde vryheid bring. Soos die herfsblare jaar na jaar val en die grond […]
metgesel (Goud)
mag daar ‘n kas wees vir elke mens heel hul lewe deur en mag daar wees vir elke mens een met geleefde rakke ‘n vergeelde binnespieël en ‘n ellelange, voosgeleesde seëngebed reg uit die Bybel, daarlangs mag die binneruimtes van elke kas die hartsgeheime van sy mens vashou en daaroor waak nadat dit daagliks geprewel […]
Ink skryf Afrikaans
Ink skryf Afrikaans Deur: Ryno du Plessis See van woorde vloei deur riviere van ink. Berge van hoogtes, dale van laagtes. Verliefdes en vertaltes, skryf my pen oor dit wat waar is. Verdwaaldes vind hul weg op padkaarte van digte en verhale. Tyd kom staan ’n rukkie stil, bring ’n drukkie vir die wat wil. […]