Stasie na beloofde land
TREIN NA BELOOFDE LAND Deur: Ryno du Plessis Stasies van kamer tot kamer,soms ‘n stop langs die pad, kom passasiers van elke kant. Onbepaald is die reis; sonder sak of tas, pak hul dié reis. Langs die pad klim ander weer af- ‘by stasie, nog’n kans Sommige pap, geen meer krag; ander was nog besig […]
My kopkantoor
My kopkantoor Ek en my boerman sit een aand langs die braaivleisvuur en ek hou hom dop waar hy ingedagte oor die veld staar. Of so het ek altans gedink. Toe ek hom vra waaraan hy dink, het hy my verbaas aangekyk en gesê: “Niks.” Verbeel jou dit! Niks! Die blote gedagte dat iemand die […]
gesig
wat ek sien en wat jy sien is nooit dieselfde wat ander van jou sien en wat jy wil hê hul moet sien verskil ook meestal hemelsbreed solank die onvervulde gevoel van nie-aanvaarding by jou heers sal hierdie verskille jou pla jou heelwees jou selfrespek die gelukkigheid van ‘n vervulde geseënde lewe is […]
Rooi lippies
Rooi Lippies Deur: Ryno du Plessis Met lippies rooi, voel sy mooi, elke vrou se behoud. Maak nie saak wat die kalender sê, rooi lippies moet sy hê. Sou jou nou ʼn man moes vra, sou hy wel wou sê: hartjie mooi bly beter as lippies rooi. © Ryno du Plessis 2026
Yskas dief
Yskas dief Deur: Ryno du Plessis Donker nag, almal slaap. Jy gil my naam. Angs kryp my vas, jy maak van jouself ʼn las. Ek stap nader, jy fluister harder. Die spyskaart – alles dra my naam. Dieet slaap sag, bloeddrukpil moet wag. Sjokolade roep, stukkie tert vra hulp. Ek kan die kreet nie ontglip. […]
Gelykenis van die herfsmense (554 Woorde)
Ek noem hulle die herfsmense…daardie siele wat daagliks vasgevang is in ‘n herfsseisoen. Elke herfsmens het ‘n kas. Hierdie is nie sommer net ‘n kas soos die res van ons s’n nie. Dit beklee ‘n noodsaaklike plek in hul lewens en is baie belangrik vir hul daaglikse oorlewing in die winkels, die skool, die werk […]
Vlug van die ballon
Vlug van die ballon Deur: Ryno du Plessis Helder rooi, teen witgrys wolke, dans jy ritmies op die wind se golwe. Koppe na jou gedraai—uit wie se hand kon jy wegwaai? Het jy ontglip en ’n traan gelos, of staan iemand selfvoldaan? ’n Boodskap in ’n wentelbaan. Tot waar sou jy weggaan, wonder ek. Vind […]