Stasie na beloofde land
TREIN NA BELOOFDE LAND
Deur: Ryno du Plessis
Stasies van kamer tot kamer,soms ‘n stop langs die pad, kom passasiers van elke kant.
Onbepaald is die reis; sonder sak of tas, pak hul dié reis.
Langs die pad klim ander weer af- ‘by stasie, nog’n kans
Sommige pap, geen meer krag; ander was nog besig om te lag.
So ry die trein na die beloofde land.
Die groet is altyd bedroef en vol smart.
Gebede vloei, die koors bly gloei; lag kom terug, terwyl ander bloei.
Hoe tragies lyk die reis vir hom wat nog daar moet wees.
Passasiers groet sonder beter wete, besef hul kaartjie is betaalbetaal.
So klink die verhaal van die beloofde land:
‘n Stasie van sagte rus en vrede, verlaat hul nou die hede. Waterstrome van sielsgenot, tuine mooier as Namib-duine
Daar stop die trein vir ander- ‘n.nuwe lewe.
Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.