taan
wanneer sonstrale tanend ondergaan wolkies in vliese verward versprei voor vlietende suid-ooster woede sneeu wit op kaapse berge rus bokmakierie se roep angstig en senutergend raak knieë nie meer sag wil buig raak gesigte baie skaars op wit strande van my mooiste baai raak gedagtes drome wat telkens terugkeer na verlede se mooi […]
Alleen
BRONS Vir Sarel het die Donderdag soos enige ander weeksdag begin. Vyfuur opgestaan, gestort, ketel gekook en toe die gesin se wakkermaak. En dit, soos gewoonlik, nie sonder sy kwota probleme nie. Jannie kry te koud en wil nog slaap. Sarel pluk hom orent en met dreigemente begin Jannie mompelend beweeg. Sarie moet nog haar […]
Prentjies uit my Koffiebeker
Prentjies uit my Koffiebeker Deur: Ryno du Plessis Stilte skree, naggeluide gaan slaap. Die son ontwaak. Môre groet die dag. Stil by die tafel, besig om die dag te ontrafel. Koffiebeker in die hand, begin gedagtes dwaal. Drome gebore met elke sluk. Kyk verby die oomblik van misluk, sweef op gedagtes van geluk. Beker leeg, […]
Huisie op die Maan
Huisie op die Maan Deur: Ryno du Plessis Sterre skitter onder helder maan, kon ek tog net daarheen gaan. Huisie in die hoek van ’n sekelmaan, daar moet my tuiste staan. Die wêreld draai om ons wentelbaan, tyd staan stil, geen plan om te beraam. Tussen sterrelig en hemelruim, kastele op wolke wat wegkwyn. Sag […]
Liefde uit my tikmasjien
Liefde uit my Tikmasjien Deur: Ryno du Plessis Tik-tak gier, vloei die woorde, gedagtes dwaal uit alle oorde. Vasgevang op papier, letters word woorde, woorde word sinne, verander in ’n storie van drome bewaar. Geen klank om te vertel nie, nie eens kans om te bel nie. Tuis daar waar huis is, verlore in spore, […]
ervaar jou droom
uit die grys van donker wolke uit mis wat kom oor die see oor die stof van my duineê waar meeue skril skreeu klink die klanke van golwe oor ons mooie baai ek sal dankie sê, ek sal bid ek sal opstaan, eksal aangaan alles net om bly te wees in my gedagtes […]
More is dalk ‘n sprokie
Môre is dalk ’n sprokie Deur: Ryno du Plessis Donker grotte van kommer, dwaal die mens. Lewe vir net een wens. Gee die lewe oor; daar is niks wat die hart meer bekoor. Jouself verloor tussen gister se drake; daar is geen meer bate. Verlede verby, hede wag vir jou en my. Môre is dalk […]
Kompas na geluk
Kompas na geluk Deur: Ryno du Plessis Roetes van hoop het ek geloop, berge van geloof het ek geklim. Riviere van vrees het ek ingeswem— die stroom kon ek oorwin. Geluk was nooit aan die anderkant nie; dit was die verkeerde kaart. Geluk was al die tyd net hier by my. Nooit sal ek weer […]
Gypsy teen die krans
Gypsy teen die krans Deur: Ryno du Plessis Strate besaai met mense en smouse. Die reën voorspel dit gaan sous. Die son bedel nog ’n bietjie lig by die donker. Hier loop nog mense met honger. Ver bo die krans woon die Gypsy met soveel vrede in sy huis vol kleure. Terwyl die vlamme dans, […]