argwaan
met tyd het verdenking algemeen in volksgedagtes tevoorskyn gekom geen geskiedenis of filosofie word meer opgeslurp, aanvaar sonder hewige argwaan nie selfs geloofsake en die Woord is sedert neëntien vier en negentig by die agterdeur uitgegooi, versaak alles lyk soos ’n vrugteboord wat skielik sonder versorging sonder water of voedingstowwe begin opkrimp in […]
Stasie 70 x 7
Stasie 70 × 7 Deur: Ryno du Plessis Treine van spyt kom en gaan,berou klim af, skuldgevoel klim op. Vergifnis speel af in my kop, blaas soos die trein wat stop. Passasiers groet, ken die gevoel van verlies wanneer vergifnis loop sonder ’n groet. Vir ewig sal jy boet, die donker bly in jou kop. […]
Vlamme van genoeg
Vlamme van Genoeg Deur: Ryno du Plessis Donker aarde, vergaande siel, die val lei tot ’n kniel. Die hel brand los— gister se rokie, vandag se vuur. Alles verbrand, jou goue uur, baie het jy verduur. Laaste oorblyfsels gil vir hulp, ’n siel huil trane teen die hart se venster, geen meer oë wat glinster. […]
Winter in my Siel
Winter in my Siel Deur: Ryno du Plessis Koud en alleen, tussen winde gewaai, asem van gister teen die ruite vasgevang. Ek neem verkeerde besluite, roei op ander se skuite. Gebed raak weg, vertoue stil, die koue van die lewensberg raak eenvoudig net te erg. Emosies dra nou ’n jas, toegebind in angs. Bring die […]
“Die mier weet van orde sonder klag.”
Die vlamme van Buks Appelblaar se vuurtjie gesels soos opgewonde Boesmanjagters wat van ’n suksesvolle jagtog af terugkeer. Pieter sit langs Buks Appelblaar. Die stilte van die nag omhels hulle. Hy kyk op na die naghemel wat wyd uitgestrek in ’n onbeskryflike sterreprag bokant hulle lê. “So wyd soos die Heer se genade,” sê hy […]
Deure van hoop
Deure van Hoop Deur: Ryno du Plessis Toegeklap — ’n groot, swaar houtdeur. Die weg na hoop bly gesluit. Ek klop al harder, my kneukels al seer. Hoeveel wil die lewe my dan nog leer? Stilte hang… waarheen nou? Wat is die Here se lewensplan vir my? Verder dwaal ek in strate van verlange, soekend […]
Donker meer
Donker Meer Deur: Ryno du Plessis Grou, grys, donker water tussen berg en boom. Hier voel die lewe verloën. Net ’n bietjie son —selfs hier en daar dalk ’n blom —alles is weg in die gruis vermom. Vrees vir môre knaag aan my soos ’n ondier hier by die meer. Wolwe tjank; my gedagtes dwaal. […]
Uithou in my are
Uithou in my are Deur: Ryno du Plessis Klappe kom uit alle oorde. Modder bevlek; ek het geen meer woorde. Byna verdrink in waters waar die lewe woed, nooit geleer hoe om dit te verhoed. Ander het ’n lewe; ek spartel net om te kan bly lewe. Mense lag, gesels oor hul dag. Ek sit […]
Laaste wens
Waar lewe stom blom onder die rooibruin sand van duineland tot reën se druppels kom oor die duin se rand waar die hemel kobaltblou aan die ewigheid klou en nostalgie op die horison jou aan stilte toevertrou daar waar my spore ophou stories vertel in die sand ónthou dáár moet jy strooi my as as […]
Inversie-mooi
Duisend gisters het verby gegaan; steeds herroep ek haar naam. Inversie-mooi haar lewe geplooi; tydmaat die dood se mooi. Alleen agter gelaat, het sy my lewe; ontrustendheid eensaamheid my gegewe. Waarom Heer, hierdie seer? Lentes, somers, herfs, winters; verby gegaan ’n duisend gisters. Steeds vul haar parfuum my luggang, voel ek nog klam haar kus […]