Tant Ralie
Tant Ralie Op ‘n kleinhoewe langs die dorp het sy gewoon. Pantoffels met gate was by haar gewoon. Haar lang vlegsels en Paul Revere-sigaret was waarvoor sy bekend gestaan het. Mielies geplant en grondboontjies geboer. Hoenders was daar, maar vir hulle het sy net geloer. Met ‘n haelgeweer oor die skouer sou sy gluur as […]
Elke keer is dit die laaste trek
Elke Keer is Dit die Laaste Trek In ‘n huis geleef. Herinneringe gebou. Iets wat altyd aan die ou huis sal kleef. Versigtig pak ek my lewe in. Beskerm dit wat steeds waarde bring. Meet en pas.Ek wens alles kon pas in net my tas. Hoe groet jy ‘n lewe so? Skielike dood, deurmekaar dae, […]
Elke keer is dit die laaste trek
Elke Keer is Dit die Laaste Trek Deur: Ryno du Plessis In ‘n huis geleef. Herinneringe gebou. Iets wat altyd aan die ou huis sal kleef. Versigtig pak ek my lewe in. Beskerm dit wat steeds waarde bring. Meet en pas. Ek wens alles kon pas in net my tas. Hoe groet jy ‘n lewe […]
Vrou van die Kavango
Vrou van die Kavango Deur: Ryno du Plessis Daar by ongerepte natuur, in ‘n huis van stok en klei, is waar sy vir haar bestaan baklei. Voor die son se uur steek sy die heilige vuur aan. Bring hulde aan die vaders wat voor haar gegaan het. Van visvang tot mahango plant, lê haar koninkryk daar […]
As die wind kon praat
As die Wind Kon Praat Deur: Ryno du Plessis Jy waai soos ‘n gees.Eendag bring jy vrede met ‘n bietjie koelte. Soms seën jou asem ons met genadewater van bo. Ander kere raak jy boos en saai verwoesting waar jy blaas. Dit is asof ek jou asem ruik: stof, reën, en geure wat jy langs […]
Kgala*
plek van die groot dors waar die duineveld bid en die rooibruin duine van die woestyn in netjiese rye soos knielende profete lê in die raadsaal van die son terwyl die wind jou naam skryf in die dagboek van die sand waar kameeldoringbome hul arms geduldig uitsprei oor stilte en elke gemsbokspoor jou vertel van […]
Die Kalahari
sy fluister op die duintoppe skryf haar mites en legendes in die lyne van die wind saans bêre sy stories in die sand wat die dag se voete vergeet het tsammas* groei hier uit verlange waar skaduwees soos mak springbokke wei tussen die vergeetkant van die duine waar die watergate net in halfsinne praat en […]
Vriendskap
soos die lelies van die veld blom vriendskap na eerste reën sonder goeie grond en sonlig kan daar geen kelkblare vorm met gereelde vog wat drup voed die plant sy blare sy wortels word sterk en sy kleure wys dat daar lewe is en gaan wees so groei vriendskap slegs deur gereelde voeding […]
Stukkende voete
Stukkende Voete Kaalvoet op eina-klippers het ek gestap. Snye en stampe opgedoen wat geen pleister kan plak. Voos geloop tot op Grootkop. Hoog geklim om niks van naby te moes sien. Dis die bult van hoop. Of dalk die plek waar hoop ophou. Stukkende voete ken die hitte van warm sand. Goed gebrand en steeds […]
Haasbek
Haasbek Klein en bang, die soet het eindelik my tande kom vang. Dankie tog vir die Tandemuis. Hy bring ‘n geldjie uit sy kluis. O, grote griet! Was dit maar net ‘n melktand gewees.Maar nou is ek bevrees, ‘n vals tand gaan dit moet wees. Haasbek is genoeg vir my.Glimlag sal ek vir eers vermy. […]