Die laaste houvas
Hoop klou vas, geloof hang aan n draadjie. Die wêreld het klaar gepraat, die donker het my kom haal. Nog n bietjie hoop, nog n bietjie tyd, more is dalk n nuwe verhaal. Ryno du Plessis
Toe die musiek stop
Met n hallo het ons gegroet.Jy was mooi en ek verdwaald Hoe speel ek diespel, want dit is al wat ek nog ken. maskers van kleur en geur. Die note val en ek raak bang,my lied is vals en die woorde weg. Met donker oë sien jy my, die musiek stop en ons groet met […]
geboortepyne
groepsdruk onwillekerigheid outomaties, ondeurdag semi-AI-gedrewenheid sommer net oud-en-sleg asseblief man – wat dan nog na apartheid-sindroom alles by die deur uitgegooi alles word bevraagteken kulturele rewolusie diepe ineenstorting ontgogeling van geloof, hoop en liefde stem-uit-die-woestyn bossie-profete en profetesse vervang die Woord in tale hoe ver gaan jy nog val “MY Volk” – hoe […]
Toe tyd nog jonk was
Sterk en gefokus, planne kon jy maak. Die wereld was jou speelplek, die lewe n afontuur. Jou lag was helder, jou grappies sonder einde. ” Makiti”kon jy hou, almal het aan jou geklou. Tyd het jou kom haal, eens n rakker nou bedaard, luister jy nou na die fluister van gevaar. Jou lag het […]
Hou dit nooit op nie? Sug.
Die verklaring in die HAT woordeboek vir veerkrag/veerkragtigheid: weerstandsvermoë, elastisiteit, wilskrag, die vermoë tot herstel. Maar wanneer is mens veerkragtig? Elke keer wat jy doelbewus deur moeilike omstandighede werk, bou jy aan veerkragtigheid. En ja, soms voel dit asof jy weer van voor af moet begin, veral as die lewe jou voete heeltemal onder jou […]
[BRONS] tronk-kos tot kaviaar
tronk-kos tot kaviaar van brood wat breek soos beloftes in twee, die klank van sleutels wat drome uitvee en nagte wat lank lê en nie verby wil gee. van tronk-kos tot kaviaar dis geen sprokie nie, dis sweet en stilte en wagtyd waar niemand jou naam onthou. hy het lepels vol skaamte geëet, water gedrink […]
Die melkweg baar n stêr Goudklas
teen die kosmos hang sy… ’n engel wit soos sneeu in haar hande hou sy die hemel, die uitspansel blink in haar kroon saggies fluister sy n hallelujah en stuur dit op die wind se rug ’n boodskap van nuwe lewe, ’n Nova, ñ nuwe ster gebore – helder en blink sy glimlag – […]
Toue van gister
Toue van gister, te lank was ek in jou greep. Jy het my laat glo ek is in beheer, soos n slang het jy om my gevou, my gesmoor tot daar niks meer van my oor is nie. Vol merke en skrape, het ek gewen uit jou mag. Ek is vry […]
Kleuter vreugde
A,B,C, is nog so groot, een twee drie het ons geleer. Duimpie en sy maat, ons vergeet nog vir langeraad. Jan Pierewiet se koffie is steeds in die kan, Vader Jakop, slaap nog steeds en Wielie Walie, val nog van sy balie. Kinderlaggies bring weer terug die groot ou son van onskuld en opregte gebed. […]
dein
my siel is op wag op my duin, dag en nag deinende golwe wat steeds oor witsand stande speel so dein ek saam in gelid ritmiese geklots teen klippe wat skeiding tussen land en see bring dis ek die skuim wat wit rollend seedierliggaampies op sand vomeer soos woorde wat in strofes verwerklik […]