DAG VAN DANKIE
Die nag was lank en koud. Geluide van onheil was oral om my.Kort-kort hoop ek tyd vlieg verby maar selfs tyd het gaan staan. Skielik kom die eerste straal, dit word dag.Donker gekuil van ondier verander in n voëlgesang. Die dag begin breek, hoop kom terug, goed uitgerus. Dag van dankie, dag van vreugde, die donker […]
[BRONS] Villanelle: Na jou asem weg is
Na jou asem weg is Na jou asem weg is, moet ek weer asem vind,ek het jou naam in die donker ontbloot.My stilte ontbreek in die na-nag se wind. Jou kamer ruik nog na trane ontbind,van beloftes wat jou groei sou verstoot.Na jou asem weg is, moet ek weer asem vind. Ek tel my dae […]
op die planke
geluide van oral weerklink vroeg reeds oor my duin iewers klink koppies en pierings bokant my kras seemeeue agter my lag fisante voor my druis branders voorwaar hemelse opvoering wat op die planke van my verhoog weerklink van kant tot kant van die sonstrale vroeg die gordyn oopskuif tot die dag gaan lê […]
Die stad se getye
Die stad se getye Die droogte het soos Tafelberg tussen my en my boerman kom staan. ’n Bykans onmoontlike groot versperring tussen dit wat ons wil en dit wat ons kan. Ons keuses het een na die ander voor ons oë opgedroog. Die verskoning dat die droogte nie vir ewig sal aanhou nie, het afgewater […]
hervestiging (goud)
hervestiging tevergeefs het ek probeer om kameeldorings te verplant (vir skuiling in die skaapkraal of skadu vir ontheemde boslelies) maar die blare het bly verlep en die stamme aanhou verdor ek weet nou dat ’n penwortel wat diep deur rots sy pad gevind het, in vrede gelaat moet word my eie wortels – ook diep […]
Nuwe dag van vrede
Brons afd Dit is n’ nuwe dag net weer dat son aande verdwyn wetend God gee ons Krag want die son sal weer skyn Nuwe kanse om ander te vergewe In vrede met almal te leef Hoop is waarna ons strewe met nuwe dag van vrede Wil elke dag oorbegin, nuut lewe vertroue in ons […]
meelewing
teken van jou hart wat daarin teenwoordig is wat borrelend wil klop uitklop om te deel dit klop oor hekkies oor heinings van teësin dit word versterk deur God die saadjies wat jy plant gee Hy kos, maak Hy nat met Sy hemelse water dit lyk soos naasteliefde wat nie afgunstig kan wees […]
ʼn Onbekende begin
Prosa stuk 710 woorde ʼn Onbekende begin “Help! Boaz dink hy is ʼn seemonster!” gil klein Tessel van agter die sitkamer bank af. Die 2-jarige Jupiter skrik sy gat af na die gil en smuit sy hele pap bakkie op die vloer neer en sit keel op, Sammie die skaaphond laat nie sy kans gly […]
wysheid
sy het haar hoofdeksel afgehaal haar hoof ontbloot aan die wêreld elke haar en styl bekendgestel openlik verklaar wie sy was onvoorwaardelike oorgawe hoe verkeerd dit ookal was reg daarteenoor ware betekenis van wysheid virewig prysgegee aan duiwelse magte van verval van diep binne en oneindig ver buite kom daar die oplossing die […]