Jongste aktiwiteit:

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Ricco het n geregistreerde lid geword

  • Amanda het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Colin het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Jessica Venter het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van CHRISTELLECHRISTELLE is nou vriende

  • Anze het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • MC Horak het ‘n nuwe publikasie gemaak

3rd Party Geld

3rd Party Geld

“Flippie wat maak jy hier oppie stop?”
“Nei ek soek ‘n accident”, en kyk ini pad.
“Wat bedoel jy Flippie”, scheme ek.

“Sien mybroe, ek trek swaar so ek soek daai 3rd party geld” beduie die ou met sy hande. Ek is nou heeltemal vir a ses geslaan, want sien ou Flippie kan die snaakste goed kwyt raak.
“So, hoe gaan jy die 3rd party geld claim ou Flip?”
“Nei, sien jy, as ‘n kar my omstamp en ek breek ‘n been, dan kan ek mos claim” spog hy. Nou verstaan ek nog minder.
“So Flip, jy gaan teen ‘n kar hardloop en dan vertel dis die anne ou se skuld?” vra ek.

“Moenie jou dom hou nie”, skel hy. “Trompie gaan my omry dan split ons die geld” vererg hy hom. Ek begin lag, en Flip raak kwater, hy beweeg opgewonde al nader aanie verkeer se kant toe. Ek probeer vir Flippie keer, maar ek le soos ek lag. Die plan van Flippie kan op ‘n 1000 ways to die gaan!

Die gerem van bande ruk my uit my lagwaan, ou Flippie hardloop tussen die voertuie was le op hulle toeters. ‘n Massiewe man vang vir Flippie en klap hom dat hy trek oorie pad.

3rd Party geld heeltemal uit sy kop uitgeklap, hol Flippie huistoe dat die stof so staan. Uitasem soos ‘n hond kom ek by Flippie aan. “Flip”, hyg ek, “Wat het sopas op die pad gebeur?”

“Nei”, huil Flip “Daai ou was my oom, ekt hom gisteraand by plan vertel”
“En toe Flippie”, terwyl ek my neervly langs hom.
“Wat vannie 3rd party geld nou?” begin ek weer te lag.

“Jou domgat!” skreeu Flippie “Wie worry oor 3rd party geld na so ‘n helse klap?”
“So, jy gaanie weer probeer nie”, die trane rol van my wange.
“Voetsek! Ek gou jou vandag dood gooi met ‘n klip” terwyl hy klippe optel.

Toe Flippie begin gooi, is ek al ver oppie hoek. Ja nee, 3rd party geld laat mens dom optree, en Flippie was die beste ha ha ha!

Geskryf deur:
Diana Coert




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Anze en Profiel foto van RiccoRicco is nou vriende

  • Ricco het ‘n nuwe publikasie gemaak