Jongste aktiwiteit:

Olappie

Olappie

Doer op die plaas het my ouers grootgeword, arm maar gelukkig. My ma-hulle het ‘n vark gehad en hom Olap genoem. Die Olap was baie stout en het soos ‘n skoothond die hoenders op die werf gejaag. Eendag besluit my pa hy gaan biekie mampoer stook. Hy berei die brousel en bere dit in ‘n ou blik parafien houer. Dit word nou in ‘n gat gestoor met sinkplate en takke bo-oor.

Skemerkant is Olap nerens te sien nie. Die kinders word gewas en nagklere word aangetrek. Vroegdag soek hulle weer vir Olap, die hond word nou vooruit gestuur.

Pa roep, kinders soek, en meteens gaan die hond na pa se mampoer wegsteek plek. Daar gekom is die plate af en Olap le bewusteloos gesuip. Pa is briesend, vandag word Olap geslag! Vleise word gebraai en opgeskep, maar niemand kon die vleis eet nie. Die vleis was deurdrenk vannie mampoer en het baie sleg geproe.

Nooit het my pa weer ‘n vark aangehou nie.

Ware storie geskryf deur:
Diana Coert (vertel deur my ma Edith wie een van die kinders daai tyd was)




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed