Hy het sy maat gevind
Hy het sy maat gevind
Dis volmaan en
kort kort vlieg die
donker skaduwee
van ‘n uil voor die helder
maanskyn verby en skielik
swiep ‘n vlermuis geluidloos
neer op ‘n fladderende mot,
en jy trek die kombers instinktief
stywer om die skouers en ril
by die veraf huil van ‘n eensame
jakkals se roep na sy maat
wat eggo in jou eie hart en
bonsend in simpatie klop as jy
soekend tas na die leemte langs
jou maar jou stille roep bereik
nie die anderkant nie.
Die jakkals se huil het verstil,
hy het sy maat gevind…
Janetta – Helena [Babs] ©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
'n Pragtige gedig waar jy die natuur gebruik om eensaamheid so treffend uit te beeld.