Die rooi prinses
Niemand het nog ooit
die rooi prinses gesien
agter die wit mure
van ‘n Toringpaleis groot geword
Sy het in ‘n rooi koets gery
om die wӗreld in ‘n sandkorrel te sien
die hemel in ‘n wilde blom toegevou
sy wil die ewigheid vir altyd
in haar handpalm vashou
Die sagte fluister van die woud
vertel haar van goed en kwaad
die wind steel haar asem
om vir middernag te wag
sonder pyn
Waar die son
uit die blouste hemel skyn
het sy met haar rooi koets verdwyn
en wanneer sy eendag die terugdraaipad soek.
Tussen somerbossies,
herfsblare, droë wintertakke
is als toegegroei …
wonder sy nog steeds
of dit ‘n werklikheid was
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April ope afdeling projek