Fransmanshoek
Toe het God Fransmanshoek gemaak
‘n wegsteek plekkie uitgekaart
hier het Sy vingers stil geraak
vertoef Hy ‘n bietjie langer
kap Hy ‘n rotspunt uit wat verswelg in die see
my stukkie hemel op aarde
waar ek weer klein kan voel
omring deur ‘n woeste see
weet ek dat God sandkorrels afmeet
hier is ‘n plek vir die holte van my voet
is ek Sy sandkorrel kind
waar die golwe hoog teen die rotse slaan
kan ek my Bruidegom ontmoet
onder ‘n sproeireën van genade
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.