Enkeldoring
Enkeldoring:
“ek wag nog vir
die een wat kan deel
sonder oordeel
in my vreemde verspotte
oorgee oomblike …
TOG
langs my bly staan
in my stiltes…
EN
my liggies aanraak
en weet hoe diep dit lê
die seer
hier binne wat ek
op ligter noot
probeer verdryf”
©Renz-Poetrydancer 22/06/2017 04am
3 Kommentare
-
-

Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie Oop en nuwe projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Marisa J. Labuschagne
Hierdie is baie mooi. Daar is soveel opregtheid daarin. Baie dankie!