Jongste aktiwiteit:

Selfs nóú dat jy weg is

… sal olifante – swaar van voet –
steeds teen rante en oor vlaktes loop,
en sal hul sagte hout en purper bas
van kaaltaak kremetarte stroop.

… sal ‘n kolgans vlug deur skemer lig
en kwêlaswerms oor die water vee.
‘n Grootlangtoon sal weer sirkels vlieg,
die kiewiet (dalk) ‘n bietjie harder skree.

… sal elke volmaan vir jou vlam
– die dae sal breek tot klatergoud.
En waar lig so wasig tussen bome hang
sal nog ‘n jakkals tjank, in ‘n winterwoud.

© Carma Shaw
23 Augustus 2017

 




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed