Ek Alleen
Vier mure vierkantig ingerond
Plafon en flenter mat staar dag na dag
Mekaar stilswyend, voelloos aan
Wit blom teen dofvuil ruit staan ysig,
Koud, afsydig, starend, tog onsiende…..
En ek, met sleutel in die hand
In eie tronk waar vryheid wink,
Maar sien, ontsien, ontdaan, ontbloot.
En stadig ritmies tyd alleen
Verdwyn die kanse, vreugdes, liefdespel,
Tot ek alleen, onwetend, smelt in eie hel
© Anton Bosch
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.