My Hartsand
Hartsand
Met verdwaalde oë, soek ek rond na jou
ek kyk rond, jy was nou net hier
hier langs my
ek sluk my hartswater terug
waar is jy
My ore gespits, luister ek
Is dit jou stem, wat ek hoor
daar vêr, hier by my
ek druk my gekraakte kleipot terug bymekaar
waar is jy
Is dit jou geur, wat my omvou
met geslote oë, dink ek terug
soveel jare, soveel gedagtes
ek asem jou in en wil nie uit blaas nie
waar is jy
Ek voel jou drukkies, so opreg, so eg
dit maak my rustig, dit gee my vrede
elke een met sy eie rede, elke een met sy eie storie
ek vee die seer weg, maar dit bly daar
waar is jy
Ek sien jou voetspore, in my hartsand
diep en ver kan ek hul volg.
reguit en skeef, het jy gedans
vir altyd innig vasgevang, agter siels-slot en grendel
hier is jy
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.