Perdeblom
Nes die blom
wat begin in bot
en eindig in verrot
is ook die mens se lot
Versmelt tot eenheid
maar verdeel in vele saad
wat net kan groei in verlaat
en skeiding van die stam
Geskei lê die saad lam
en voel dit sterwenstaan
totdat die voete grond tref
en dit grond se geskenk besef
Heimat van nuwe krag en groei
wat uit saad se lende bloei
het dit tot volle blom
…gekom
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.