Mens
van die begin is jy as kroon van die skepping
kunstig geweef na God se beeld
voortgebring is jy uit stof
deur die liefde van God
die asem van die lewe in jou geblaas
‘n lewende siel is jy gemaak
God gee jou die tuin van Eden
om Sy skepping te bewerk en te bewaak
Hy maak jou heerser van die aarde
kom na jou op die aandwind
jou bronaar diep in Hom gewortel kon jy uitspruit
jou vreugde in Hom vind
met jou uitlopers teen die hemel gewelf
beklee God jou met die ewige lewe
Hy jou Pa jy Sy kind
God sien jou allenigheid raak
gee jou die liefde van ‘n maat
sy is vir jou tot hulp gemaak
jy het reeds die ewige lewe
wat kon jy meer vra
mens is jy dan nooit tevrede
wil jy jou eie godheid wees
buig jy jou weg van die Hom
eet jy die vrugte van die vlees
buig jy jou laag voor mammon
vervloek is die aarde om jou ontwil
in die sweet van jou aangesig swoeg jy
jy wat vir ewig kon leef
tot jy weer tot stof terugkeer
het die haan drie maal gekraai
toe jy selfbewik jou rug op God draai
tog is God se genade so groot
Hy gee jou ‘n tweede kans
die slang se kop is vermorsel
by die kruis op Golgota
©Evanthe 2017
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Inkmoderator
Liewe Elroux, Dit is vir my moeilik om geestelike verse te krit aangesien die skrywer sal dink ek tree lasterlik op. Wat ek wel kan sê is dat die inhoud hierin alreeds honderde kere voorheen aangedurf is en dat ek (ten spyte van die boodskap daarin) niks vars uit die skrywe put nie. Vergewe asseblief want ek probeer nie aanstoot gee nie maar ek beoordeel die inskrywings akademies en nie as 'n gelowige nie. Skryfgroete IM