Ewige erfenis
Tussen niks bestaan
en alles verstaan
vind jy vrede
in die soeke
waar die opbrengs
van jou vertroue
volgehoue bly
in die dieptes
van jou roeping,
sodat ‘n erfenis
saam jou kruis kan stap
tot bokant die pieke
van jou lewensberg;
tot voor die uithoeke
van waar tragedies se smart
hand aan hand
aan jou blydskaphart
koers vat,
jou vlerke wyd verspreid
wapper in die wind,
en jy jou Skepper
daar tussen aards verlate
en hemelbodem vind.
Chantelle Holder
23 Januarie 2018
© 2018
Neologismes:
lewensberg ( lewens berg)
blydskaphart (blydskap hart)
hemelbodem (hemel bodem)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.